Suid-Soedan: President en visespresident haaks

Deel op
Riek Machar
Riek Machar praat met sy volgelinge

Honderde mense is dood in gevegte tussen Dinka-lojaliste van die president Salva Kiir en Noër-ondersteuners van die voormalige visepresident Riek Machar, wat afgedank is in Julie en beskuldig word van ‘n poging tot magsoorname deur die regering.

Gevegte het intussen na die ryk olievelde uitgebrei en die regering het gesê ‘n senior weermagbevelvoerder het na Machar oorgeloop in die olie-produserende provinsie van Unity State.

Die Duitse weermag het Saterdag gesê hulle het 98 mense, insluitend Duitsers en ander burgers van Suid-Soedan mbv ‘n lugbrug ontruim na die naburige Oeganda.

Die Duitse ambassadeur in Suid-Soedan was onder hulle, die ministerie van buitelandse sake in Berlyn gesê.

‘n Aparte vliegtuig het luitenant-generaal Hans-Werner Fritz, hoof van Duitsland se Operasionele Bevel, saam met sy amptenare en vyf ander Duitsers, na Berlyn geneem, die militêre woordvoerder gesê.

Na die vergadering met bemiddelaars Vrydag, het Kiir se regering op sy Twitter verklaar dat hulle bereid is om gesprekke met enige rebellegroep te hou. Die Verenigde State van Amerika sal ‘n gesant stuur om te help om ‘n oplossing te vind.

Suid-Soedan se minister van buitelandse sake, Barnaba Marial Benjamin, het aan Reuters gesê die regering het swart bemiddelaars die groen lig gegee om met Kiir se mededingers, insluitende Machar en sy bondgenote te ontmoet.

Ethiopië se minister van buitelandse sake Tedros Adhanom, wat ‘n Oos-Afrika-afvaardiging van ministers van buitelandse sake na Juba gelei het vir die bemiddeling tussen die strydende partye, het gesê die span het nie daarin geslaag om Riek Machar van aangesig tot aangesig te ontmoet nie, en ook nie telefoon kontak gemaak nie.

“Ons probeer om hulle te kontak. Ons is hoopvol dat beide kante na die tafel sal kom binne die bestek van 10 dae,” het Tedros aan Reuters gesê.

In hul vergadering met Kiir het Tedros ook gesê hulle doel is om humanitêre hulp aan die bevolking ongehinderd deur te kry .

Benjamin het gesê lt.genl Lazarus Sumbeiywo wat deur die Keniaanse president Uhuru Kenyatta na Suid- Soedan gestuur is, het agter gebly om saam met ‘n Keniaanse diplomaat kontak met Machar te maak.

Sumbeiywo was die hoofbemiddelaar in die gesprekke wat gelei het tot die ondertekening van die 2005-vredesooreenkomste met Noord-Soedan.

Benjamin het gesê hulle moedig albei partye aan tot “onvoorwaardelike dialoog” maar dat die voormalige vise-president Riek Machar nie die mense van Suid-Soedan deur middel van etniese voorkeure moet aanhits nie.

Verenigde Nasies personeel sê honderde mense is dood oor die hele land – wat is die grootte van Frankryk is – hierdie week en dat 40.000 burgerlikes skuil by die VN se basisse.

Die Verenigde Nasies het gesê ten minste 11 Dinka-burgerlikes het tydens ‘n aanval vermoor deur sowat 2.000 gewapende jeugdiges van ‘n ander etniese groep op ‘n VN-vredesmagbasis.

Twee Indiese vredesoldate is ook dood .

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki -moon het die aanval veroordeel en ‘n beroep op Kiir en Machar gedoen om “na die tafel te kom en ‘n politieke manier om uit hierdie krisis” te vind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.