Premier vra optrede na 2 sterf by inisiasie

Deel op

initiationDie premier van Noordwes, Thandi Modise, het gevra vir verskerpte optrede teen onwettige inisiasieskole na die dood van twee jong seuns.

Die twee jeugdiges van 16 en 17 jaar oud het by ‘n inisiasieskool op Makwaneng maagkrampe gekry en inmekaargesak.

Verskeie ander jong seuns is na die hospitaal op Schweitzer-Reneke geneem. Modise sê diegene wat onwettige inisiasieskole bedryf, behoort aangekla te word.

Sy het ‘n beroep op tradisionele leiers as bewakers van die tradisies gedoen om die inisiasieskole te monitor en enige mishandeling en onwettige optrede by die owerhede aan te meld. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.