Vrese vir etniese stryd in Suid-Soedan neem toe

Deel op
south-sudan-flag
Vlag van Suid-Soedan

Burgers van die VSA is Sondag veilig ontruim van Bor tot Juba in Suid-Soedan het die State Department gesê nadat vrese van ‘n etniese burgeroorlog verskerp het.

Die VN-sending in Suid-Soedan is tans besig om alle burgerlike personeel uit die hoofstad Juba na Oeganda te verskuif, te midde van die toenemende geweld tussen die land se weermag en rebellemagte.

‘n Helikopter van die VN is Vrydag in dieselfde streek afgeskiet.

Die sending sê die personeel in Bor, waar hewige gevegte aan die gang is, is reeds na Juba geneem.

Geweervuur het twee dae gelede drie Amerikaanse militêre vliegtuie getref wat besig was om Amerikaanse burgers te ontruim, en vier soldate is gewond.

Die geweld in die wêreld se jongste staat het reeds die lewens van honderde mense geëis en wêreldleiers het hul kommer oor die oorlog uitgespreek.

President Barack Obama het in ‘n brief aan die leiers in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat gesê hulle monitor die situasie.

Ongeveer 380 Amerikaanse amptenare en private burgers is uit die gevegte in Suid-Soedan ontruim, het die State Department gesê.

Hulle het ook sowat 300 burgers van ander lande na Nairobi en ander plekke buite Suid-Soedan op vier huurvlugte en vyf militêre vliegtuie gevlieg .

“Die Amerikaanse regering doen alles moontlik om die veiligheid en sekuriteit van die Verenigde State se burgers in Suid-Soedan te verseker,” lui die verklaring deur Jen Psaki, die State Department se woordvoerder.

Die VSA se militêre magte het bevestig dat vier van sy lede in die aanvalle gewond is.

Die Verenigde Nasies sê honderde mense is dood in die jongste konflik in Suid-Soedan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.