Konsultant wat Vigs met swartes verbind ‘kry baie skaam’

Deel op

sacco‘n Amerikaanse openbare betrekkinge konsultant vir ‘n mediamaatskappy se twiet oor swartes en Vigs het gelei tot verontwaardiging op sosiale mediawebwerwe Saterdag, asook haar afdanking.

Justine Sacco het getwiet dat sy nie vigs sal kry nie omdat sy wit is, het SABC-nuus berig.

Sacco het Vrydag getwiet: “Gaan na Afrika, hoop ek kry nie vigs nie, net ‘n grap, ek is wit”.

Sacco is die hoof van openbare betrekkinge vir die Amerikaanse internetmaatskappy, InterActiveCorp ( IAC ).

Omdat Sacco nie toegang tot die internet gehad het tydens die vlug nie, was sy nie bewus van die storm wat sy veroorsaak het nie. Die hashtag # HasJustineLandedYet was op ‘n stadium gewild op Twitter soos mense haar vlug van Londen se Heathrowlughawe na die Kaapstad Internasionale Lughawe ingewag het.

IAC, wat die eienaar van match.com is, het die twiet veroordeel en het hulself sedertdien gedistansieer van Sacco, die senior direkteur van korporatiewe kommunikasie.

Met haar aankoms in Suid-Afrika is Sacco se Twitterrekening skielik verwyder, maar een plaaslike Twittergebruiker by Kaapstad Internasionale Lughawe het daarin geslaag om haar aankoms af te neem en te pos na Twitter.

Sacco het agter ‘n sonbril probeer wegkruip met haar aankoms.

“Daar is geen verskoning vir die haatlike stellings wat gemaak is nie en ons veroordeel dit onomwonde,” het IAC in sy verklaring gesê.

Sacco het intussen om verskoning gevra oor haar “rassistiese” twiet wat sy uitgestuur het.

Sy is summier na die voorval afgedank, maar sy sê sy is baie skaam oor haar onsensitiewe optrede teenoor miljoene mense wat met VIGS saamleef.

Sacco wat in Brirttanje woon, is in Suid-Afrika gebore.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.