AbaTemboe-oudstes sê net Mandla kan Mandelas lei

Deel op
Zwelivelile Mandlasizwe Dalibhunga Mandela van die Temboestam by Mvezo
Zwelivelile Mandlasizwe Dalibhunga Mandela van die Temboestam by Mvezo

Stamhoofde het Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, as die nuwe wettige hoof van die Mandela-familie verklaar, in weerwil van die oudste dogter Makaziwe wat deur Winnie Madikizela-Mandela as hoof aangewys is.

“Of ons daarvan hou of nie, Mandla is die enigste persoon wat ons as leier van die Mandela-familie beskou,” het die AbaTemboe se koninklike woordvoerder Mfundo Mtirara Donderdag gesê.

Hy het gepraat in reaksie op Madikizela -Mandela se aankondiging vandeesweek dat Makaziwe Mandela nou die hoof van die gesin is.

Woensdagaand Madikizela-Mandela berigte in die media van die strydende Mandela-familie probeer weerlê .

“In ooreenstemming met gewoontereg en tradisie, sal die oudste dogter, Makaziwe Mandela, die familie met die ondersteuning van haar twee susters lei,” het sy gesê.

Maar Mtirara het gister gesê dat Makaziwe nie die familie kan lei nie.

“Leierskap gaan van vader na seun. Ons respekteer Makaziwe as die oudste dogter. Sy behoort Mandla te ondersteun en te adviseer,” het hy gesê.

Nkosi Xolile Ndevu , sekretaris-generaal van die Kongres vanTradisionele Leiers van SA , het gesê Mandla is die enigste erfgenaam van die leierskap van die Mandela-familie.

“Tradisioneel is daar geen manier waarop Makaziwe die familie lan lei nie. Mandla het die verantwoordelikheid om die familie se hoof te wees.

“Sy plig is om familiebyeenkomste te reël en te lei. Mafungwashe ( eerstegebore dogter ) kan nie enige tradisionele seremonies lei nie,” het hy gesê.

Mandla, Makaziwe en Madikizela -Mandela kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.