Zuma loof Vendas vir respekbetoon

Deel op
vendas
Uit die argief: Vendavroue wat gaan lê

President Jacob Zuma sê hy sou vir hom ‘n Vendavrou gevat het as hy nie reeds getroud was met sy vier vroue nie. Hulle gaan “lê selfs om respek vir ander mense te wys”, het hy vol lof gesê.

The Star het Vrydag berig dat hy honderde mense op Impendle in die KwaZulu-Natalse Middellande vroeër hierdie week toegespreek het, waar hy die belangrikheid van respek beklemtoon het.

Zuma het gesê dat jong mans en vroue moet selfrespek en respek vir ander toon.

“Toe ek in Venda was onlangs, was ek so beïndruk om te sien hoe die mense daar respek vir ander mense toon,” het Zuma glo gesê.

“‘n Vrou het haar hande geklap en selfs gaan lê om respek te toon.”

Die president het gesê hy was beïndruk, en onder groot gelag gesê as hy nie reeds getroud was nie, sou hy in Venda gaan soek het vir ‘n vrou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.