Die dak van ‘n teater in die Britse hoofstad Londen het ineengestort en minstens 76 mense is beseer.
Na wat berig word is sewe van die 76 mense ernstig beseer nadat die dak van die Apollo-teater in Londen meegegee het.
Die Londense brandweer sê al die mense wat gedurende die vertoning in die teater vasgekeer was, is gered uit die puin.
Agt-en-vyftig mense is in nabygeleë hospitale opgeneem. ‘n Teater naby waar Les Miserables speel, is as kitshospitaal ingerig.
Die Apollo het die “The Curious Incident of the Dog in the Nighttime” opgevoer, toe die ongeluk gebeur het.
Die stadsraad van Westminister sal ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk loods, maar het verklaar dat die ineenstorting nie as ‘n terreurdaad beskou word nie.
Die brandweer sê daar was bykans 720 mense in die teater toe ‘n strukturele fout daartoe gelei het dat die dak vyf verdiepings ver val.
Volgens ooggetuies het verskeie balkonne ook ineengestort en het dit soos ‘n “bom” geklink.