Drie tieners verdrink by Knysna

Deel op

leisureislandDrie tieners is in die hospitaal oorlede nadat hulle by Leisure Island op Knysna in die Suid-Kaap verdrink het.

Die drie is deur die see meegesleur, terwyl ‘n vierde kind oorleef het.

‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, het bevestig dat ‘n vierde meisie oorleef het.

Hy sê die NSRI kon daarin slaag om die drie uit die water te haal en hulle op die toneel behandel met mond-tot-mondasemhaling.

Hulle is daarna na die hospitaal gehaas, maar ten spyte van voortgesette noodbehandeling is die drie dood verklaar.

Lambinon sê daar word vermoed dat hulle in vlakwater deur seestrome meegesleur is.

Die munisipaliteit van Knysna het hulle skok uitgespreek oor die dood van drie kinders in ‘n trekstroom.

Hulle was glo tussen tien en dertien jaar oud en is in die plaaslike hospitaal dood.

Die nasionale seereddingsinstituut die vierde kind het ongedeerd uit die water gestap.

Hul name is nie bekendgemaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.