IVP, APC sal nie koalisie met KD aangaan nie

Deel op
IVP-leier Buthelezi
IVP-leier Buthelezi

Die leier van die African People’s Convention, Themba Godi sê sy party sal nie by die opposisie-koalisie, die Kollektief vir Demokrasie aansluit nie.

Godi sê sy party se politieke program verskil van dié van Kollektief vir Demokrasie onder aanvoering van Mosiuoa Lekota.

Die KD wat uit ‘n paar marginale partye bestaan, beplan om saam te werk met die oog op aanstaande jaar se verkiesing.

Skaars ‘n dag na die aankondiging dat die IVP ook deel uitmaak van die groep, het die IVP gesê hulle was geskok om uit te vind dat hulle by die kollektief aangesluit het.

“Die leierskap van die IVP was geskok om te leer in die media, dat die IVP ‘n formele koalisie vir die komende 2014 aangegaan het om die nasionale en provinsiale verkiesing te betwis,” het die party se sekretaris-generaal, Sibongile Nkomo, gesê in ‘n verklaring Woensdag .

“Die IVP het nog nie sy seën gegee vir ‘n nuwe party wat gevorm moet word nie, en het ons ingestem om as ‘n deel van ‘n formele opposisie aan die koalisie vir die 2014 verkiesings deel te neem,” het sy gesê.

Nkomo gesê haar party is versigtig vir alliansies na die rampspoedige ervaring in 2004, toe hulle die noodlottige Koalisie vir Verandering met die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal aangegaan het.

Dit het gelei tot “meer as 250.000 bedorwe stembriewe (wat) die diepte van verwarring aangedui het onder voetsoolvlakondersteuners, wat vir beide partye op die stembrief gestem het,” het sy gesê.

“Dit was tot die IVP se nadeel,” sê Nkomo, en het bygevoeg dat dit bygedra het dat die party beheer van KwaZulu-Natal aan die ANC afgestaan het.

Die IVP het beklemtoon dat hulle nie ‘n koalisie aangegaan het nie, maar ‘n strategiese samewerkingsooreenkoms is vir die 2014-verkiesing.

Die Demokratiese Allaince (DA ) het na bewering ‘n uitnodiging om aan te sluit van die hand gewys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.