Nuwe bankreëls verwater Europese soewereiniteit

Deel op

brusselDie EU se ministers van Finansies het Woensdag ‘n bankunie-ooreenkoms bereik wat Brussel ongekende nuwe magte sal gee om te verhoed dat banke wat ineenstort die ekonomie knou, het amptelike bronne gesê.

‘n Bron binne die Franse ministerie van finansies het gesê ná ‘n lang dag van harde gesprekke, wat gekenmerk is deur skerp verskille oor sleutelelemente van die nuwe regulerende stelsel, is ‘n ooreenkoms bereik.

Die nuwe Enkelresolusiemeganisme sal banke sluit voor hulle die breër ekonomie kan benadeel en saam met ‘n nuwe toesighoudende regime, vorm dit die bankunie.

Volgens die reëls sal die nuwe liggaam banke kan sluit sodat dit nie in duie stort en finansiële krisisse soos in Ciprus, Ierland en Spanje veroorsaak nie.

Dit is opgestel in reaksie op die finansiële en skuldkrisisse wat byna die eurosone op sy knieë gedwing met regerings wat gered moes word ná red hul hul leners te hulp gesnel het.

Die nuwe raamwerk beteken ‘n groot verwatering van soewereiniteit en ‘n groot stap in die rigting van die EU se uitgebreide gesag. Dit verduidelik deels waarom die gesprekke oor ‘n jaar geneem het om tot hierdie besluit te kom.

‘n Belangrike knelpunt, veral tussen Frankryk en Duitsland, was wie die finale sê sal hê in die besluit om ‘n bank te sluit en hoe dit betaal moet word.

Die plan is om die banke te kry om by te dra tot ‘n spesiale fonds vir hierdie doel, ingefaseer oor 10 jaar, sodat die belastingbetaler sal nie meer opdok nie.

Volgens ‘n konsep-dokument kan oorbrugginsfinansiering kom van lidlande van die eurosone of van die EU se eie reddingsfonds, die Europese stabiliteitsmeganisme.

Leiers van 28 Europese Unie-lande is tans vir ‘n beraad in Brussel byeen om die nuwe bankregulasies te bespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.