‘Zuma het nie voordeel getrek uit opgraderings nie’

Deel op
Thulas Nxesi
Thulas Nxesi

Die minister van Openbare Werke, Thulas Nxesi sê dit is nie waar dat die president eie voordeel getrek het uit die opgraderings nie.

Hy het gesê alle soewereine lande het ‘n plig om die land se verkose leier te beskerm.

Nxesi het die volledige inter-ministeriële verslag oor veiligheidsopgraderings by President Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla in Pretoria bekend gemaak.

Nxesi het gesê die opgraderings was noodsaaklik, en dat president Zuma nie daarvoor gevra het nie. Die veiligheidsopgraderings het meer as R200 miljoen gekos.

Hy het egter bygevoeg dat die spesiale ondersoekeenheid en die ouditeur-generaal ondersoek gaan instel na bewerings dat die kostes van die opgraderings opgejaag is.

Hulle sal ook ondersoek of enige ander ongerymdhede voorgekom het.

Die direkteur van die Sentrum vir Demokrasie-studies aan die Rhodes Universiteit, professor Steven Friedman het aan RSG gesê dat hy twyfel of openbare vertroue herstel is ná die bekendmaking van die interministeriële verslag oor president Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla.

Hy sê die ministers van die Veiligheidsgroepering, as deel van die regering, het een kant van die saak gestel.

Hy sê die verwagting is dat hulle die president sal steun.

Friedman sê sonder die verslag van die Openbare Beskermer, sal die publiek se vertroue nie herstel word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.