Wouter Basson stem nie saam met RGB nie

Deel op
Dr Wouter Basson
Dr Wouter Basson

Die kardioloog en chemiese wapendeskundige, dr Wouter Basson, sê dat hy nie met die bevinding van die Raad op Gesondheidsberoepe, RGB, saamstem nie.

Hy aanvaar die beslissing  dat hy skuldig is aan onprofessionele en onetiese gedrag, maar stem nie daarmee saam nie, het hy gesê.

Dit volg nadat die Raad op Gesondheidsberoepe hom gister skuldig bevind het op 4 klagtes van onprofessionele en onetiese gedrag.

Basson word reeds sedert die ANC-oorname deur buitelandse rolspelers meedoënloos gejag omdat hy oor spesialiskennis van die chemiese wapenbedryf beskik, waarskynlik uit vrees dat dit tot ‘n politieke voordeel aangewend kan word.

Die chemiese wapenbedryf is tans onder die soeklig, nadat e-posse gelek is wat bewys dat die Amerikaanse Withuis die groenlig gegee om ‘n chemiese wapenaanval op Sirië te loods en dan te geblameer op Assad se regime.

Dit sou die aansporing tot internasionale militêre optrede in die reeds verwoeste land wees om die winste van miljarde uit ‘n beplande gaspyplyn te verseker. Dié plan is laat vaar toe die Britse Parlement daarteen gestem het en ‘n oorweldigende meerderheid Amerikaanse kiesers teen die beplande aanval was.

Basson sal op 21 en 22 Februarie aanstaande jaar hoor wat die beslissing teen hom sal wees. Hy is deur die Raad aangekla van onetiese gedrag wat verband hou met sy werk aan Projek “Coast”.

Die SAW se geheime navorsingsprojek oor chemiese wapens het glo in samewerking met Israel geskied.

Basson sê hy het net sy plig as militêre dokter gedoen en hoewel hy die uitspraak aanvaar, hy noodwendig daarmee saamstem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.