Die fliek wat Mandela se lewe weergee, Mandela: Long Walk to Freedom, het twee benoemings ontvang van die 34ste London Critics Circle-rolprenttoekennings.
Naomie Harris, wat die rol vertolk van Winnie Madikizela-Mandela, is as die beste ondersteunende aktrise van die jaar benoem asook die Britse aktrise van die jaar.
Die wenners sal op 2 Januarie aangekondig word.
Die Mandela-fliek het verlede week ook drie Golden Globe-benoemings ontvang.
Sommige kritici het die rolprent as ANC-propaganda afgemaak.
Rolprentresensent Tymon Smith het gesê die rolprent het nie genoegsaam gefokus op Mandela se politieke motiverings nie. Volgens hom is dit suiwer ANC-propaganda.
Die Sowetan meen die rolprent was eerder ‘n reeks sketse as wat dit ‘n volledige lewensverhaal van Mandela was.