Sjarapowa uitgeskakel

Deel op
Maria Sjarapowa. die huidige goue meisie van tennis en een van die gunstelinge om Wimbledon te wen, het gister haar ergste neerlaag beleef.
Deel op

Die wêreld se nommer 154-speler Alla Koedrjatsewa en mede-Rus het Sjarapowa se vooruitsigte in die tweede ronde beëindig.

Sjarapowa, wat in 2004 kampioen was, het die jongste groot naam geword wat uitgeval het met 'n telling van 6-2, 6-4.

Sy hou egter vol dat die vernedering om by Wimbledon deur 'n minder bekende speler uitgeskakel te word slegs haar vasberadenheid om weer die toernooi te wen, verhoog het.

Rafael Nadal het Ernests Gulbis van Letland met 5-7, 6-2, 7-6, 6-3 verslaan.

для трещотокданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.