
Winnie Madikizela-Mandela het tot die geveg tussen oudpresident Nelson Mandela erfgename toegetree deur haar steun aan Mandela se oudste dogter te verklaar.
Sy sê koerantberigte wat beweer daar is gevegte binne die Mandela-familie is van alle waarheid ontbloot.
Sy sê daar is “geen debat” oor opvolging in die Mandela-familie nie, in weerwil van talle bewyse dat die familie stry oor Mandela se nalatenskap.
Mandela se gewese vrou het haar steun aan Mandela se oudste dogter Makaziwe toegesê in die geveg tussen haar en Mandela se kleinseun.
Madikizela-Mandela het die media in ‘n verklaring beskuldig van insinuasies wat ontwerp is om die familie in oneer te bring.
Sy het gesê gewoontereg en tradisie bepaal dat Makaziwe die hoof van die familie word. Volgens Madikizela-Mandela sal Makaziwe besluite neem met die steun van haar susters Zenani en Zindzi.
Sy sê Mandela se oudste kleinseun Mandla is deel van die volgende generasie, en sal hom daarom moet hou by Makaziwe se besluite.