
Die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi sê die ANC behoort ander beleidsrigitngs te aanvaar wat ‘n verbintenis tot radikale ekonomiese transformasie verklaar.
Hy het in ‘n striemende aanval teen die regering onder leiding van die ANC geloods.
Vavi het gesê President Jacob Zuma se regering het misluk.
Vavi sê die ANC kon nie daarin slaag om die werkloosheidskrisis aan te spreek of om behoorlike werk te skep nie.
Vavi het by die metaalwerkersvakbond Numsa se spesiale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand gepraat.
Die kongres moet besluit of Numsa die ANC in die verkiesings in 2014 gaan steun, en of hy wil deel bly van die vakbondfederasie Cosatu.
Die vakbondfederasie is een van die vennote van die drieparty-alliansie.