Soos ons reeds voorheen berig het, het ons besluit om toegang tot die Disqus-kommentaarstelsel op praag strenger te maak, nadat vele mense oor ‘n lang tyd daarvan misbruik gemaak het.
Sedert gister word alle kommentaar dus gekeur alvorens dit geplaas word, behalwe dié van betalende praag-lede en -intekenare wat op ‘n “witlys” geplaas word en onmiddellik verskyn.
Indien u enige vrae het, is u welkom om aan ons te skryf by inlig[by]praag.org.
Ons vertrou dat die nuwe reëling tot die gehalte van die blad en sy kommentaarafdeling sal bydra. Let ook daarop dat ons steeds ‘n hoë premie op spraakvryheid plaas, anders as by vele ander SA blaaie waar politieke korrektheid die botoon voer.
Die Disqus-stelsel wat wêreldwyd deur miljoene mense gebruik word, is nou volledig in Afrikaans beskikbaar, danksy die inisiatief van praag en ander organisasies en individue wat saamgewerk het om dit in ons taal te vertaal en die vertaling goedgekeur te kry. Nog ‘n rede om praag te ondersteun vir ons werk om Afrikaans op die internet en sy stelsels lewendig te hou!
– Die redaksie