Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis

ngkEmeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het in ’n verklaring sy spyt uitgespreek oor ’n gebrek aan inklusiwiteit by Mandela se begrafnis.

Volgens Tutu was daar ‘n “skreiende uitsluiting was dié van die Afrikaner-gemeenskap.

Hy het Afrikaners en, in die besonder die NG Kerk, om verskoning gevra omdat hulle uitgesluit was by die roudiens en begrafnis.

Tutu het die ANC-leierskap se hantering van Nelson Mandela se begrafnisdiens ook gekritiseer omdat hulle nie Afrikaans toegelaat het nie.

Volgens hom moes die NG Kerk ook deel van Mandela se afskeid gewees het omdat Mandela moeite gedoen het om te verseker dat Afrikaners deel van die nuwe Suid-Afrika word.

Die NG Kerk het ontken dat hy uitgesluit was en gesê dat danksy die kerk se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, hulle wel deel van die verrigtinge was.

“Ons kon ’n meer verteenwoordigende groep geloofsleiers gewees het by die roudiens in die ENB-stadion en die begrafnis in Qunu, indien ons die NG Kerk ook ingesluit het – ons het ook nie Afrikaans gepraat nie, behalwe ’n paar sinne.

“Dit sou Madiba ontstel het, omdat hy so vasberade was om inklusief te wees.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.