
Die voorsitter van die nuwe koalisie van vyf politieke partye, Mosioua Lekota sê die partye sal voortgaan om na volgende jaar se verkiesings, saam te werk.
Die partye van die koalisie wat as die Kollektief vir Demokrasie, KD, bekend sal staan het op die oomblik altesaam 57 setels in die Nasionale Vergadering.
Cope, die Vryheidsfront Plus, die ACDP, UCDP en die IVP het gister ‘n samewerkingsoorenkoms onderteken om volgende jaar se verkiesings as ‘n koalisie te betwis.
Lekota, wat ook die leier van Cope is, sê die partye het hulle volgens die ooreenkoms verbind om die oppergesag van die reg te beskerm en ‘n regering te bevorder wat armoede wil uitroei en vry van korrupsie sal wees.
Die leierskap van die Inkatha Vryheidsparty het intussen ontken dat hy deel is van die amptelike koalisie van opposisiepartye. – RSG