Uitspraak teen Wouter Basson verwag

Dr Marjorie Jobson
Dr Marjorie Jobson

Uitspraak in die tugverhoor van die kardioloog dr. Wouter Basson, 63, sal na verwagting vandag gelewer word. Die tugsaak duur reeds ses jaar.

Basson word deur die Raad op Gesondheidsberoepe aangekla van onetiese gedrag wat verband hou met sy werk aan Projek “Coast”, ‘n geheime navorsingsprojek oor chemiese wapens onder die NP-bewind.

Basson is in 2002 in die hooggeregshof in Pretoria vrygespreek op strafregtelike aanklagte teen hom.

Die staat se appèl teen die uitspraak en sy aansoek in die Grondwethof is van die hand gewys.

Basson is in November deur 10 swart moeders wat beweer dat hy hulle seuns ingespuit en vermoor het met sy beweerde dodelike produkte, gekonfronteer.

Dit was glo die eerste keer dat Basson van “aangesig tot aangesig met die familie van die slagoffers van die beweerde chemiese oorlogvoering” in aanraking gekom het.

“Ons het 10 moeders wie se seuns met die gif ingespuit is. Ons sal hom konfronteer omdat hy voortdurend beweer dat hy nie direk iemand se dood veroorsaak het nie. Hy sê dat hy net die stof vervaardig het,” het dr Marjorie Jobson, direkteur van Khulumani, gesê.

Jobson het toe gehoop dat ‘n ekstra klag van massamoord moontlik bygevoeg sou kon word teen Basson, ten spyte daarvan dat die ondersoek toe reeds ‘n gevorderde stadium bereik het.

Die oorlewende slagoffers het gesê hulle wil Basson uit die mediese bedryf skop en sy private praktyke in KwaZulu-Natal en Kaapstad verbied kry.

Basson het die staat se diens in 1999 verlaat, maar verdien steeds R1.7m van belastingbetalers se geld, het sy kritici gesê.

Hy staan ​​tereg op die vervaardiging van produkte wat glo gelei het tot die dood van hordes swart mense in die 1980’s, insluitende chemiese en ander wapens, Mandrax, kokaïen en sianiedtablette vir selfmoord.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.