
Die verhoor van die voormalige Blou Bul-flank, Phindile Joseph Ntshongwana, wat onder meer teregstaan op klagtes van moord en verkragting, word vandag in die Durban Hooggeregshof voortgesit.
Die hof het tydens die vorige sitting opdrag gegee dat die KwaZulu-Natal wetsgenootskap die gedrag van die regsverteenwoordiger van die verdediging, Themba Mjoli ondersoek omdat hy nie by die verhoor teenwoordig was nie.
Mjoli het verskoning gemaak en sê hy moes in ‘n ander saak in die Pietermaritzburg Hooggeregshof as regter waarneem.
Ntshongwana word van onder meer vier moorde aangekla, waartydens van die slagoffers onthoof is. – RSG