Swede wil prostitute se kliënte ook laat opsluit

Deel op
Filippa (in Sweedse volksdrag) en Frederik Reinfeld.
Filippa (in Sweedse volksdrag) en Frederik Reinfeldt.

Swede se konserwatiewe eerste minister het Maandag gesê hy wil toesien dat die volle omvang van die wet op prostitute se kliënte toegepas word, sodat hulle nie net beboet word nie, maar ook in die tronk gegooi word.

“Dit is tyd dat ons duidelik raak met die wetgewing wat tronkstraf betref en dat ons nie net boetes as straf vir die koop van seks het nie,” het Fredrik Reinfeldt gesê in ‘n toespraak in Stockholm.

In 1999 was Swede die eerste land in die wêreld wat van die aankoop van prostitute se dienste gekriminaliseer het.

Hoewel die wet voorsiening maak vir tot ses maande agter tralies, gee regters tot dusver net boetes van tot €.830 in die praktyk.

Soortgelyke wetgewing is sedertdien aangeneem deur Ysland, Noorweë en Slowakye en binnekort Frankryk.

Reinfeldt het gesê in Swede is 4782 mense skuldig bevind sedert die wet in werking getree het, maar dat nie een van hulle die gevangenisstraf opgelê is nie.

Sy konserwatiewe party, het hy gesê, sal die veldtog lei om kiënte te laat opsluit wat wetende prostitute gebruik wat minderjarig of ‘n slagoffer van mensehandel is.

Hy het gesê daar was ‘n geskatte 400 tot 600 prostitute in Swede wat daar is as gevolg van mensesmokkelaars.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.