SAKP: Cosatu wou Vavi as adjunk-president hê

Deel op

sacpDie Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het weereens ‘n aanval op die leierskap van die metaalwerkersvakbond, Numsa geloods, het RSG berig.

Die SAKP het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om nie toe te laat dat die vakbond misbruik word om die persoonlike ambisies van die hoofsekretaris, Irvin Jim te bevorder nie.

Numsa begin vandag met ‘n spesiale nasionale kongres op Boksburg aan die Oos-Rand om bande met die ANC en Cosatu te bespreek.

Die vakbond het hom die afgelope paar maande sterk uitgelaat oor die vakbondfederasie se leierskap, asook sleutel-beleidsrigtings van die ANC.

Die SAKP sê Jim het na bewering voor die ANC se 2010 Mangaung-verkiesingskonferensie probeer om president Jacob Zuma te oorreed om die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi as vise-president van die ANC aan te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.