Polisie ondersoek dood van paartjie in Noord-Kaapse motorongeluk

Deel op

roadsouthafricaDie Kimberleyse polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná ‘n ongeluk wat ongeveer 20 km buite Kimberley op die Barkley-Wes-pad plaasgevind het. Die manlike bestuurder (27) en sy vroulike passasier was blykbaar in die rigting van Barkly-Wes onderweg na Kimberley in ‘n wit Audi A3.

Na bewering het die bestuurder omstreeks 00:20 op Maandag 16 Desember beheer oor die voertuig verloor, waarna dit deur ‘n heining aan die regterkant van die pad gebreek en etlike meter ver in veld in gerol het. Die bestuurder is uit die voertuig geslinger en sowel hy as sy passassier is op die toneel dood. Die twee oorledenes het alleen gereis en daarom kan hul identiteit nie tans bekendgemaak word alvorens die naastebestaandes in kennis gestel is nie.

Alle inligting aangaande die voorval kan aan Speurkonstabel Gwyneth Paulsen by 082 302 0407 oorgedra word. Volgens die polisie gaan die ondersoek voort. – praag en polisieverklarring

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.