Mandela-twis woed voort

Deel op
Mandla, regs
Mandla, regs

Enkele dae voor Nelson Mandela se begrafnis het die familietwis weer vlamgevat en Mandela se erfgenaam, Mandla Mandela is uit die gesin se woning in Qunu, Oos-Kaap gejaag.

Die stel slotte is verander by Nelson Mandela se Toskaanse-styl huis kort ná sy oudste dogter, Makaziwe Mandela, 59, Donderdag aangekom het.

Pogings deur Mandela se weduwee, Graça Machel, en George Bizos, ‘n hegte familievriend om die vete oor die boedel by te lê, het herhaaldelik misluk.

Sedert Mandela se dood op 5 Desember het dit na vore gekom dat die water en ligte by Mandla se huis op die Mandela-landgoed Saterdag ontkoppel is. Mandla se gesin het geen water gehad toe hulle Sondag wakker word nie.

Makaziwe het gesê Mandla, 39, met sy beeste, varke en honde moet die plek verlaat.

Familie, politici en godsdienstige leiers wat Mandla ondersteun is na die kantlyn geskuif en is akkreditasie vir Sondag se begrafnis geweier.

Tradisionele familierituele in Mvezo , waar Mandla stamhoof is, is gekanselleer.

In ‘n doelbewuste sabotasiepoging is daar geen vervoer na die begrafnis vir Mandla se ma, Nolusapho, of vir haar suster gereël nie. Hulle is na die begrafnis gebring nadat ‘n lid van die gesin ‘n SMS na Mandla gestuur het. Nolusapho was erg ontsteld, volgens ‘n getuie.

Die oorlog sal verder woed oor Mandela se testament, waarvan die inhoud nog nie openbaar gemaak is nie.

“Met verloop sal daar openbare uitsprake wees en die inhoud sal gepubliseer word,” het Bizos gesê. Hy het egter gewaarsku dat dit nie dadelik sal wees nie.

Makaziwe, wat glo ‘n groot invloed oor die familie uitoefen, het toesig gehou oor die gesin se voorbereidings vir Mandela se begrafnis.

Bronne na aan die familie het gesê die slotte is verander by die Qunu-huis toe hulle aangekom het Vrydag nadat hulle in Gauteng was.

Mandla en Makaziwe is betrokke by ‘n openbare twis oor die beheer van Mandela se nalatenskap en die leierskap van die familie.

Mandla en sy prokureur en koninklike raadgewer, Matthew Mpahlwa , het geweier om kommentaar te lewer oor die gebeure wat gelei het tot die begrafnis en die vete wat dreig om die gesin verder te skeur.

Gister het ‘n bron gesê dat familielede geskok is dat Makaziwe op die landgoed rondloop en bevele skree, in plaas van om haarself te beperk tot die huis, soos gebruiklik.

“Ek het nog nooit so iets gesien nie. Sy was soos ‘n besetene. Sy was oral oor die plek en het nie omgegee wie enigiemand is nie,” het die bron gesê.

Die bronne is erg onthuts oor die behandeling van Mandla se ma en het gesê toe Makaziwe haar aangeraai het om te loop na die begrafnis, was dit ‘n teken van uiterste disrepek.

Verlede week het die Britse Sunday Times berig dat, toe die staatshoof se voormalige adviseur, Jakes Gerwel die gesin se huis voor sy dood besoek het, was hy verbaas en verstom om te vind hoe twee van Mandela se dogters luidrugtig stry oor wie watter meubels en kombuistoerusting kry as hulle pa sterf.

Die twee naamlose dogters, volgens die Britse koerant, was min gepla dat Mandela binne hoorafstand sit.

Mandela se boedel, wat ‘n trust insluit wat gedeeltelik befonds word uit die verkope van sy handafdrukke en van die 46664-merk (sy beweerde gevangenisnommer op Robbeneiland), is miljoene werd.

Die geveg wat Vrydag en Saterdag voortgewoed het, weerspreek berigte in die media dat die gesin ingestem het om hul verskille opsy te sit tot ná die begrafnis .

Vroeër vanjaar het Makaziwe en Zenani, twee van Mandela se dogters, Bizos voor die hof gedaag in ‘n poging om beheer van ‘n trustfonds onder sy bestuur in die hande te kry.

Die fonds gegenereer miljoene rande uit sy handafdrukke wat verkoop vir meer as $35.900 elk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.