Familie glo genader om Hertzog se beeld te verwyder

nelsonDie verwydering van Barry Hertzog se standbeeld is gedoen na deeglike konsultasie, het president Jacob Zuma ná die onthulling van ‘n nuwe Mandela-standbeeld gesê.

Die beeld van die voormalige Eerste Minister James Barry Hertzog is verskuif na ‘n nuwe plek en vervang met ‘n reuse bronsbeeld van Nelson Mandela voor die Uniegebou in Pretoria.

Die onthulling deur Zuma kom ‘n dag nadat die voormalige president in Qunu begrawe is.

James Barry Hertzog was premier van 1924 tot 1939.

President Zuma het gesê ‘n volledige konsultasieproses is gevolg en in die gees van versoening het die verteenwoordigers van die Hertzog-familie ingestem dat sy standbeeld verskuif word na ‘n ander plek in die Uniegebou om plek te maak vir Mandela se beeld.

Zuma het sy dankbaarheid teenoor die Hertzog -familie uitgespreek “vir hul begrip en samewerking”.

Die beeld toon ‘n glimlaggende Mandela, ​​nege meter hoog , wat oor die stad van Pretoria met uitgestrekte arms uitkyk.

Die standbeeld wat R8 miljoen gekos het, is geskep deur die Suid-Afrikaanse beeldhouers Andre Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren . Dit is op die Uniegebou se grasperk opgerig met ‘n uitsig oor Arcadia.

In al die standbeelde wat gemaak is van Mandela, is hy besig om sy vuis te lig of sy arm uit te strek. “Dit is afgelei van die slagspreuk van die ANC,” het Zuma gesê.

Zuma het daarop gewys dat hierdie standbeeld anders is omdat die figuur albei sy arms uitgestrek hou, “om almal in te sluit”.

Zuma het gesê die Mandela-standbeeld is ‘n konstante herinnering van Mandela se waardes van eenheid, versoening, deernis en Ubuntu.

“Die ooglopende werklikheid is dat voor 1994, sou daar geen standbeeld van Madiba by die Uniegebou gewees het nie,” het Zuma gesê.

Zuma het aangekondig dat die setel van die regering bygevoeg is tot die lys van nasionale erfenisterreine.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.