Mandela en ander ikone

wingard_johanndeur Johann Wingard

Gedurende die afgelope week het ek probeer om bietjie perspektief oor Mandela se waarde as mens te kry.

My gevolgtrekking is dat Mandela onthou sal word as die persoon wat die 1993- skikking moontlik gemaak het. Sonder sy gawe om versoening te predik en toe te pas (die gesamentlike volkslied en die behoud van die Springbok-embleem is praktiese voorbeelde), sou daar nooit as te nimmer ‘n vreedsame skikking kon gewees het nie.

Dit was dus Mandela en nie fw de klerk nie, wat die land van ‘n burgeroorlog gered het.

Mandela se internasionale ophemeling, wat hom tot byna goddelike ikoonstatus verhef het, laat mens wonder of hy nie dalk die Antichris was nie.

Predik vrede met ‘n terroristiese agtergrond.

Maar hy het ná sy aftrede die land verraai deur himself nie uit te spreek teen die ANC se verdelende beleidsreigtings en korrupsie nie.

Sy stilswye het sy beeld onder Westerlinge vervlak.

Die nageslagte sal hom sonder twyfel verromantiseer en ons moenie verbaas wees as sy “ongeskrewe werke” binne die volgende dekade of so die lig sal sien nie. Dit mag die nuwe eietydse Bybel word, wat sal ontwkkel soos Christus se lewe oor dekades en eeue in die Nuwe Testament vergestalt is.

Sy lewe en reputasie as versoener gaan waarskynlik die sentrale tema van die moderne geskiedenis in geskiedenisboeke regoor die aardbol word.

Wat die posisie van die Afrikanervolk betref, het ek onder die diepe indruk gekom dat ons binne ‘n nasionale en internasionale konteks eintlik ‘n niksseggende gemeenskap is wat bekend geraak het vir ons paranoia en gevoel van eie belangrikheid.

Ek het ook gewonder watter persoon die meeste skade aan die Afrikanervolk se psige aangerig het. Na afloop van my nabetragting kon ek nie anders as om onder die indruk te kom nie dat daardie eer waarskynlik Siener van Rensburg moet toekom.

Is enige van sy neerdrukkende voorspellings ooit bewaarheid?

Die nag van die lang messe het soveel spanning by duisende Afrikaners veroorsaak wat in vrees leef; op ‘n tydstip waartydens die gevoel van welwillendheid en verdraagsaamhed vanweë Mandela se statuur alles oorheers.

Sy vergoddeliking onder Afrikaners het oor die jare toegeneem.

Noem my maar dan ‘n ketter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.