Geloftedag vir Afrikaners ’n dag van ootmoediging en uitredding

marthinus_van_bartdeur Marthinus van Bart

Die onthulling ’n eeu gelede van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op Geloftedag, eerskomende Maandag, 16 Desember, luisterryk herdenk.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) neem prominent aan die verrigtinge deel. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en hoofleier van die Voortrekkers, lei die vroeë biduur om 06:30 in die Tweetoringkerk.

Die FAK stel twee nuwe, belangwekkende boeke, gepas vir hierdie geleentheid, bekend wat verband hou met die monument en dit waarvoor dit staan: Die Nasionale Vrouemonument: Honderdjarige Herdenking Verlede Hede Toekoms en Konsentrasiekampsterftes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.

In 1913 het die Vrouemonumentkommissie Geloftedag (indertyd bekend as Dingaansdag) as die onthullingsdag van die Nasionale Vrouemonument met voorbedagte rade gekies. Naas die Protestantse Meerdere Vierdae (soos vasgestel deur die Dordse Sinode) Paasfees, Pinkster, Hemelvaartsdag en Kersdag, was Geloftedag  ­– as verootmoedigingsdag voor die Almagtige – die plegtigste gedenkdag op die kultureel-religieuse kalender van die Afrikaner.

Prof. J.D. (Totius) du Toit, leraar, teoloog, Bybelvertaler en Taalstryder, skryf op 23 Januarie 1948 in Die Kerkblad onder meer: “Dingaansdag is ’n gedenkdag. Dat die Voortrekkers daarby gevoeg het ‘soos ’n Sabbat’, is verstaanbaar. En die uitkoms het bewys dat hulle reg was om dié voorwaarde aan die dag [16 Desember] te verbind. Soos ’n Sabbat wil sê: In alle stilte, in alle erns, want dit betaam ons, gedagtig aan die groot redding wat God beskik het.”

VROUEMONUMENT100
Een van die twee boeke wat op 16 Desember 2013 bekendgestel word

Die hoofmotief met die Vrouemonument en die onthullingsplegtigheid, soos pres. M.T. Steyn dit voorsien het, was verootmoediging voor die Almagtige ter nagedagtenis van die duisende vroue en kinders wat hulself vir die vryheidstryd van die Afrikanervolk opgoffer het.

Dit was die Voortrekkers wat die Gelofte van 1838 voor die aanvang van die Slag van Bloedrivier afgelê het, wat Geloftedag ingestel het as ’n dag van dank en ootmoediging – omdat God hulle van uitdelging deur die oormag Zoeloe-impi’s van Dingaan gered het, ’n oorwinning dus ter beskerming van die volkseie.

Die bewoording van die plegtige gelofte, voorgelees deur Sarel Cilliers, lui:

“Hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde om hom ’n gelofte te doen dat as Hy met Sy beskerming met ons wil wees en ons vyand in ons hand gee, ons dan dié dag en dié datum elke jaar as ’n verjaardag én dankdag, soos ’n Sabbat, tot Sy eer sal vier; en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle in die toekoms dié dag steeds moet vier tot gedagtenis ook vir ons opkomende geslagte. Aldus sal dan aan God die eer van die oorwinning gegee word.”

Volgens die Voortrekkers se beskouing is met die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 die mag van ’n heidense tiran gebreek deur die ingryping van ’n regverdige God. Dit was die oorwinning van die ordende beskawing, die deugdelike waarna Steyn in 1913 in sy toespraak by die Vrouemonument verwys het, oor destruktiewe wanorde.

Dat die Voortrekkers die Slag van Bloedrivier ­– of enige van die ander konflikte met inheemse volke – per se beskou het as “’n oorwinning oor ’n primitiewe volk”, soos so dikwels aangevoer is en steeds word, is bloot onwaar.

Op 11 Oktober 1881, ná afloop van die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Afrikaners van die Transvaalse Boererepubliek (Zuid-Afrikaansche Republiek) in die Slag van Majuba ’n klinkende oorwinning oor die imperialistiese Britse besettingsleër behaal het, het pres. Paul Kruger in die Volksraad verklaar Geloftedag moet voortaan op 16 Desember ’n amptelike gedenkdag wees “ten einde ons voor God te verootmoedig vir die groot dinge en wonders gedoen…”

Kruger het ook gesê: “Dit was die dag waarop die Here die Voortrekkers eenmaal van Dingaan gered het, en wat die vorige jaar [1880] die begin was van ’n nog groter uitredding [van Britse oorheersing].”

Op 16 Desember 1881 by Paardekraal, Krugersdorp, het Kruger as hoofspreker gesê:

“Ons het hier gekom om fees te vier, en u weet dit dat ons en u doel niks anders is nie as om meer en meer die wil van die Here te laat verstaan en ons op Sy leiding te wys, sodat die ouers aan hulle kinders en kindskinders tot in die verste nageslag kan vertel wat God aan ons gedoen het. U weet dat ons land vir meer as vier jaar [van Britse oorheersing] van ons ontneem is om ons afwykinge miskien; maar u weet dit ook: God kasty wie hy liefhet.”

Met 1913 se onthulling van die Nasionale Vrouemonument het die Afrikaners Geloftedag steeds in hierdie lig gesien. Die Britse welsynwerker Emily Hobhouse van Cornwallis het haar misgis toe sy in haar (voorgelese) toespraak na Dingaansdag verwys het as “die dag waarop julle [Afrikaners] ’n oorwinning oor ’n primitiewe volk gedenk.”

Dié siening berus op ’n wanbegrip van die bedoeling van die Gelofte, naamlik om afhanklikheid van die Allerhoogste te bely en dank te betuig dat die uitdelging van ’n maatskaplik-kulturele gemeenskap verhoed is, ’n belangrike klemverskuiwing dus.

Hobhouse sê voorts dat deur die swart lyding in die Anglo-Boereoorlog [waarin duisende swartes aan die kant van die Britte teen betaling teen die Boere geveg het en hul vroue en kinders met gepaardgaande brutaliteite vir die konsentrasiekampe opgeruim, hul plase afgebrand en geplunder het] is voldoende boete gedoen vir die swart geweldpleging wat teen die Voortrekkers [lees Afrikaners] gepleeg is. Daarom moet daar vergifnis wees, en  moet daar vergewe en vergeet word.

Soos reeds aangetoon, is daar op die Afrikaner-kalender inderdaad geen nasionale dag waarop die Afrikaners enige oorwinning oor enige ander volk in die verlede gedenk het of tans gedenk nie.

Die Engelse weergawe van Hobhouse se toespraak is namens haar aan die skare by die Vrouemonument voorgelees. Sy was nie teenwoordig nie omdat sy op die treinreis van Kaapstad na die onthullingsverrigtinge ongesteld geraak en by Beaufort-Wes moes afklim. Sy het wel 4 000 eksemplare van die toespraak in onderskeidelik Engels en Nederlandse Afrikaans na Bloemfontein aangestuur om by die onthulling te laat uitdeel.

Charlie Fichard, ’n agterkleinseun van president Steyn, het die Engelse weergawe namens Hobhouse voorgelees. Na afloop van die toespraak is beleefd hande geklap.

Die indertydse “kroonprins” van die Britse Empire, adv. J.C. (Jan) Smuts, het Hobhouse met die skryf van die toespraak gehelp en die kernboodskap wat dit uitgedra het was in sy kenmerkende styl van onverbloemde Britse internasionalisme. Selfs die selektiewe verwysing in die toespraak na die Griekse staatsman Perikles se beroemde begrafnisrede (sonder om hom by die naam te noem) was so reg uit Smuts se saalsak. (Deneys Reitz vertel in Kommando oor die Anglo-Boereoorlog hoe behep Smuts tydens sy epiese tog van Gatsrand na Namakwaland met geskrifte in die oorspronklike Grieks was wat hy in sy saalsak saamgery het.)

En vir Hobhouse om ’n pleidooi te lewer dat Geloftedag verander word na Internasionale Vrouedag en dat die Nasionale Vrouemonument tot wêreld-monument vir alle vroue verklaar moet word, was vir daardie plegtige Afrikaner-geleentheid, slegs tien jaar ná die verskriklike lyding van die Anglo-Boereoorlog, onvanpas, gesien die bedoeling, naamlik om eer te betoon aan “onze heldinnen en lieve kinderen”.

Uiteraard staan die Vrouemonument by implikasie daar tot eer van alle vroue van alle tye wat vir die vryheid van hul volk binne hul perke gestry het, letterlik en figuurlik gesproke.

Hobhouse het ’n brandende ambisie gehad om ’n politikus te wees, maar in haar eie Britse Ryk, aan wie sy in haar toespraak haar trou herbevestig het en haar diplomaties van die Afrikaners gedistansieër het, het vroue nie eens gewone stemreg gehad nie.

Die denkmodel van heerskappy en seëviering oor “primitiewe volke” wat sy so gerieflik op die Afrikanervolk gesuperponeer het, is egter kenmerkend van die rasbehepte Britse jingoïsme, wat in sommige gevalle selfs die eugenetiek (rasverbeteringsleer) as regverdiging vir ras-chauvinisme wil bysleep. Britse meerderwaardigheid is die rookskerm vir heerssug, magsug en hebsug, waarvoor en waarmee die Britse Ryk oor driehonderd jaar bloedig regoor die hele aardbol uitgebou is. Vandaar die uitdrukking: “The sun never sets over the British Empire.” Waarop F.W. Reitz droogweg opgemerk het: “Inderdaad, God vertrou die Engelse nie in die donker nie.”

In die Britte se oorlogspropaganda teen die Boere, soos teen alle ander rebelse volke wêreldwyd wat weerstand gebied het om gewelddadig aan die Union Jack onderwerp te word, is die slagoffers konsekwent as primitiewe onmense (untermenschen) uitgebeeld. In die era van Britse skynliberalisme, ingelei deur die sogenaamde verbod op slawehandel van 1807 af en in 1838 met die vrylating van slawe, toe slawehandel minder winsgewend geword het en die opiumhandel toegeneem het, was beskuldigings van rassehaat teen weerbarstige volke deel van die Britse oorlogsarsenaal. Daarmee het hulle hul slagoffers gebrandmerk, sodat Britse onderwerping en die plundering van die slagoffers se eiendom oënskynlik regverdig kon word. Dié refrein, wat vandag steeds in die arena’s van die wêreldpolitiek eggo, is dat daar geen beter regverdiging voor is om ’n volk te verdelg as wanneer daardie volk hom aan rassehaat skuldig maak nie.

Die historikus Erik Stockenström merk in 1925 in sy geskrif Lotgevalle van die Voortrekkers in Natal, 1838-1843 op dat die Voortrekkers deur hul vernietiging van die mag van Dingaan ’n groot diens aan ook die swart bevolkings van die land bewys het. Dingaan en sy voorganger, Tsjaka, wat deur eersgenoemde vermoor is om die koningskap oor die Zoeloes te bekom, het tienduisende, selfs miljoene, inboorlinge in Suid-Afrika vankant gemaak en hele landstreke ontvolk. Deur die vernietiging van daardie bloedige dwingelandy het die Trekkers die algehele uitroeiing van groot getalle swart stamme voorkom.

Hulle was nie die verdelgers van swart mense nie, soos wat Brits-empiristiese sakelui, sendelinge, skynfilantrope en heerssugtige politici die wêreld wou [en steeds wil] wysmaak nie, maar inteendeel die redders, beskermers en handhawers van ’n vreedsame en beskaafde gemeenskap, skryf Stockenström.

Hy skryf voorts:

“Diepsinnige simpatie, selfs met die gewonde vyand op die slagveld, humane behandeling van krygsgevangenes in hul mag, die beskerming van swakkes en weerloses – ook aan die kant van die vyand – was die karakteristieke kentekens van die nasate van die Voortrekkers, die Boere en Afrikaners.”

In weerwil van alle beskuldigings van rassehaat jeens die Afrikaners, lui die refrein van die Stem van Suid-Afrika, die Afrikaners se eie volkslied, “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”.

Marthinus van Bart (e-pos: kultuurkroniek[by]gmail.com) is ‘n skrywer en voormalige redaksielid van Die Burger waar hy jare lank die blad met Afrikanergeskiedenis, Kultuurkroniek, behartig het. Sy mees onlangse boek is ‘n onthulling van die oorwegende rol wat Brittanje in die Kaapse slawehandel gespeel het, Kaap van slawe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Orgie

    Marthinus, dankie vir jou heldere uiteensetting en vir die groot kulturele bydrae wat jy oor ‘n lang tydperk gemaak het. Ons wil in die toekoms nog baie van jou hoor.

    • Einad Snetraam.

      Absoluut. U insette oor ons Broederbond-argitekte van toet ( Hannes vd Merwe & Kie ) sal n ” eye opener ” wees ter illustrasie van hoe die Heerengracht / Strandgebied tot n bykans- lewende verkragting van die eens mooiste Kaap – tot gevolg gehad het.
      Van die penkoppe op die forum meen egter eersgenoemde is so na aan n Le Corbusier as kan kom. Hy is immers van die goedse ” ou ” bedeling?

  • Matt Heyns

    Op 10 September 1966 is die lyk van die grootste leier onder die unieke Afrikaner Volk, na ‘n lafhartig sluipmoord, in die helden-akker in Pretoria ter ruste geplaas. Hierdie hartseer gebeure was ‘die grootste oomblik in my loopbaan as geveg offisier in die seemag. Aan my is die besondere voorreg toe vertrou om as bevelvoerder van die erewag, met die Nasionale Saluut op Kerkplein. die laaste eer te betoon aan my grootste held.

    • GM

      Mad Mat droom alweer drome en sien gesigte. Mat by watter kant van die Pretoria hawe het jou oorlogskip gele?

      • Ouma

        Ek dink Matt is Tsafendas wat gereinkarneer het. Onder draai die wurm rond!

        • Einad Snetraam.

          ” Wurmpie……Ouma. Wurmpie. Feite praat.

        • GM

          Ouma ou Mat se wurmpie het al weggekrimp van die ouderdom, Viagra kan nie eers meer lewe daarin blaas nie.

          • Einad Snetraam.

            Miskien tyd dat jy die goed sluk en kyk of dit iets aan jou bepeinsing van denke doen.

          • GM

            Eendstert probeer dit met jou nuut gevonde mal vriend, dan vertel jy my. Julle kan dit oor ‘n skemer kelkie sluk.

          • Einad Snetraam.

            Ieletjies is reg. Soos die suid-ooster innie Kaap draai, draai die dolk in u hand. Karring aan, en jy en Willy speel aanstons Chinese Checkers op n eiland in die suidelike atoll vd Maldives.

          • GM

            Sien jou digkuns verbeter by die dag. Bietjie langer is Malgiel se geselskap en jy is een van die dae Malsnertprater. Julle twee duifies nou gelukkig?

    • Einad Snetraam.

      Wel Matt. My herinnering is ( ingevolge die protokol van die militere / maritieme vloot se “de-pip ” prosedures ) – ek u indertyd moes verdedig dat manskappe onder u bevel dit NIE moes doen nie.
      Gelukkig vir u het die pleidooi van u vrou in haar vertoe, die knoop by die NVG vir u deurgehaak Die feit dat u op ontugtige wyse modderkoekies met u huishulp in die motorhuis gebak het…..was immers ” unbefitting of an officer and a gentleman. Dat u die voorreg het om met vol-betaalde pensioen hier te kan plak en paste is aan hierdie griffier te danke.

  • Ouma

    Dankie Marthinus jou nugtere seining en deeglike navorsing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis het my no altyd beindruk. Saam met jou en Prof. Gilloumee prober julle nog balans bring oor ons geskiedenis.

    • Einad Snetraam.

      Birds of a feather flock together. PROBEER weer. U SIENING & spelling so swak soos daai hanskakie. Oor die ” no ” beindruk neem ek aan hy’t u geensins beindruk nie ?

      • Gas

        Hel maar jy kan halusineer/yl ou twee tand sprokket

        • Einad Snetraam.

          hallusineer = yl = toutologie.

  • Matt Heyns

    What has happened always and
    everywhere, in any kind of struggle, happened also in the language fight. This
    fight should be carried on in our struggle around the school. After all this is
    where the seeds have to be watered which are to spring up and form the future
    Afrikaner generation. The tactical fight is the winning over of the child, and
    is to the child that the first rallying cry is to be addressed: Afrikaner youth do not forget you are an Afrikaner and remember little girl, one day you must be an Afrikaner mother.
    Dit is tyd om ons Afrikaner Volk se menseregte
    op te eis. Komaan!

    • Trippie Trip

      Nie gedink ek sal ooit saam met jou stem nie – maar hier doen ek wel. Die fondamente van ‘n kind se basiese opvoeding word in die ouerhuis gele.

  • Templzop

    Lekker braai vandag. Dis nie goed nie om heel dag voor die rekenaar te sit nie. Julle mense moet uitgaan.

    • Einad Snetraam.

      Beste snitte klaar gevreet. Agterosse soos u suig sopbene af.

  • Matt Heyns

    Those who know something of the juvenile spirit can
    understand how youth will always lend a glad ear to such a rallying cry. Under
    many forms the youth people can lead the struggle fighting in their own way and
    with their own weapons.

  • Matt Heyns

    Refuse to sing non Afrikaner songs.

  • Matt Heyns

    The greater the efforts made to win you away from your Afrikaner allegiance the more you should exalt the glory of your Afrikaner heroes.

  • Matt Heyns

    Afrikaner youth should be alert to the significance of what non Afrikaner teachers say and contradict in unison. Saamstaan is mag.

  • Einad Snetraam.

    Marthinus,
    Inderdaad in n ” swaargewig “-joernalis ontaard na ek u onthou as groentjie in die wandelgange vd Kaapse Hooggeregshof as hofverslaggewer.
    Met meer ” rus ” op hande is die verwagting dat nog grootser dinge uit u pen sal vloei.
    Groetnis.
    Daantjie Maartens.

    • Trippie Trip

      Indrukwekkend.

      • Gas

        Dink jy so DD?

        • GM

          Sal nogal ‘n grote sien indien jy in die spieël kyk.

        • Einad Snetraam.

          Voeg n ” T ” na jou ” DD ” – dan kantel die ou fossiel sommer vanself.

      • Einad Snetraam.

        Geensins. Ek was net die griffier wie deure vir agbare regters Rose-Innes / Baker / Braam Lategan / Fagan et al ( oor die Fagan’s kan Theuns jou veel vertel ) – oop gehou het.

        • GM

          Eendstert is die wyn besig om uit te trek dat jy weer babbel? Gaan maak gou ‘n skyf dat jy kan verstaanbaar praat. Jy en die mal man begin al meer na mekaar aard.

          • Ouma

            Dink hulle is dieselfde. Toon dieselfde sielsieke afwykings. Ek rol maar net af en lees nie meer hulle onsamehangende snert nie. Die Groot Boek se ” Die armes van gees sal ons altyd met ons he”

          • GM

            Ouma dit is al waarom jy nog aan die lewe is?

          • Leana

            Oumatjie, liewe Ouma, asseblief ? Wil Ouma nou jou waarlik ook nog hier kom stir ? Nee, nee Ouma, swyg veel eerder en bly by die lees van replieke !

          • Einad Snetraam.

            Sit jou valstande om die een : – EK IS DAAI MAL MAN.

          • GM

            So iets verwag

          • Einad Snetraam.

            Wie’s die pa ? Willy ?

          • GM

            ???????????

        • Gas

          Griffier?
          Jy was ‘n common tolk. Afrikaans > Kaapsrikaans

          • Einad Snetraam.

            Korrek. Was die eerste om n Regter ( soos vir u ) – jou JMSP toe te snou. Tans vervat in die Regsboek vir Afrikaans ( Afd Kaap – CNNo 49976 /03 KSB verwys. )
            Spaar die opsoek: Justice Must Surely Prevail……is die teks waarna u soek.
            PS
            You believe that eat shite.

    • Juan

      Wat kan ons van ‘n rugryer verwag !

      • Einad Snetraam.

        Theuns,
        Welkom op PRAAG. In u beywering om als ( veral argitektuur ) skoon en edel te hou, sal u in die handel en wandel van u lewenspad ( groot ontwikkelaars soos Juan & Kie ) – altyd vind om die nostalgie van gister….te wil stroop. Tot in sy fondasie. Steur u nie. Dis maar deel van die psigologiese geknaktes.

        • Gas

          Soos ek jou oor die twintg jaar ken is jy nog meer verrot, jaar na jaar. Jou familie het iets bereik maar jy het agtergebly.

          • Einad Snetraam.

            Slegs agtergeblewe. Die foute van my vaders kan u nie voor my deur le nie. Ek’s maar net die produk van n lekker-tyd aand.

    • GM

      Sien die bleskop klont het alweer n ander naam.

    • Gas

      Met jou klein oortjies het jy toe ook nooit verder as ‘n tolk gevorder nie.
      Bwa ha ha ha

    • jan

      Dis werklik ‘n puik artikel dankie Martinus.
      LOL:
      Danie Dink net met jou vele talevaardighede hoeveel beter joppie jy sou gedoen het as die vingertaaltolk Janjies by die FNB kaskenades.
      Dink net aan die improvisasies op die 3 basiese tekens: [amper soos Bach se orrel Fugas!!]
      die middelvinger, die V vingers en die die V vingers met die duim…. Dis verstaanbaar vir almal om die aarde..

      Grappie!!.

      • Einad Snetraam.

        No prob. Bly u waardeer Ramon [V]argas se [v]ertolking [v]an Leonardo [V]inci – ” Teco, si, [v]engo anch’io “.
        PS
        Dink u die res vd botterkoppe weet wat hier aangaan ?

  • Matt Heyns

    God spoke unto us saying, go to the hill-country and all the places nigh thereunto… in the Arabah, the hill-country and in the Lowland… in the South and by the sea-shore, the land of the Canaanites, and Lebanon, as far as the great river, the river Euphrates…Go in therefore and possess the land which the Lord swore unto your fathers, to Abraham, Isaac, and Jacob, unto them and to their seed after them. Wie glo nog ‘n god praat met ‘n volk?