DRK: Noorweegse gevangene aangekla van moord op selmaat

Deel op
Moland en French
Moland en French tydens hul verhoor

‘n Noorweër wat sedert 2009 in die tronk in die Demokratiese Republiek van die Kongo aangehou word, is aangekla van die moord op sy selmaat en landgenoot ten spyte van ‘n gesamentlike ondersoek wat geen bewyse van vuilspel kon oplewer nie, het Noorweegse amptenare Dinsdag gesê.

Tjostolv Moland is in Augustus dood aangetref in die tronksel wat hy met sy voormalige sakevennoot, Joshua French gedeel het.

Die twee mans is vier jaar gelede skuldig bevind aan moord en spioenasie en tronk toe gestuur ná hul bestuurder in die oerwoud dood aangetref is.

Die twee, albei voormalige dienspligtiges, het gesê hulle wou ‘n plaaslike veiligheidsonderneming oprig, en het die aantygings ontken.

“Ons verstaan ​​nie die beskuldigings nie, gegewe dat die Noorweegse polisie ‘n gesamentlike nadoodse ondersoek na Moland se dood gelei het,” het die Noorweegse ministerie van buitelandse sake se woordvoerder gesê.

“Kongolese en die Noorweegse polisie het tot ‘n gesamentlike gevolgtrekking gekom dat daar was geen aanduiding van vuilspel of kriminele aktiwiteit was nie.”

Hanne Dokolo, Noorweë se ere-konsul-generaal in die Kongo, het bevestig dat French, wat ook ‘n Britse paspoort hou, aangekla word van Moland se moord.

Kongo se regering het voorheen gesê dat Moland se dood selfmoord was .

Moland se prokureur het gesê hy was siek en is behandel vir malaria en psigose voor sy dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.