Skokbewerings oor Saringasaanval in Sirië

Deel op
Theodore Postol
Prof. Theodore Postol

Die bekroonde joernalis Seymour Hersh het nog skokbewerings gemaak: President Obama was nie eerlik met sy landgenote toe hy die Siriese president Bashar al-Assad vir ‘n Saringasaanval wat honderde burgers gedood het, blameer het nie.

‘n Voormalige senior intelligensie-amptenaar sê die Obama-administrasie het die beskikbare inligting oor rebelle wat oor Sarin beskik, botweg geïgnoreer. Die administrasie is reeds in Junie daaroor gewaarsku.

In terme van tydsberekening en volgorde is ander inligting verander om die president en sy adviseurs in staat te stel om intelligensie wat voor die aanval beskikbaar was, te laat lyk asof dit opgespoor en ontleed word in reële tyd, terwyl die aanval gebeur.

Dieselfde amptenaar het gesê daar was groot frustrasie in die militêre en intelligensie burokrasie. Die amptenare het gesê die Withuis maak hul eie intelligensie op en het nie hulle hulp nodig nie.

Die Kantoor van die Direkteur van die Nasionale Intelligensie en die Kantoor van die Verdedigingsintelligensie-agentskap kan nie die dokument vind – selfs met die baie spesifieke aanwysingskodes – wat beweer dat die rebelle vir die gifgasaanval verantwoordelik is nie.

Samantha Power, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het tydens ‘n perskonferensie egter gesê: ” Dit is baie belangrik om daarop te let dat slegs die [ Assad ] regime oor Sarin beskik, en ons het geen bewyse dat die opposisie Sarin hert nie.”

Hersh sê die deeglike daaglikse intelligensie inligtingsessies in die dae rondom die gasaanval bevat nie ‘n enkele melding oor Sirië nie, selfs met video’s en foto’s wat viraal oor die internet beskikbaar was nie.

‘n MIT-professor Theodore Postol en ander wapenkundiges het later foto’s hersien van ‘n 330mm vuurpyl en gesê dit was geïmproviseer, waarskynlik plaaslik gemaak, en stem nie ooreen met enigiets in die Siriese arsenaal nie. Belangriker nog, sou dit nie die nege kilometer van die Siriese weermagbasis kon aflê soos die media berig het nie.

Postol en ‘n kollega, Richard M. Lloyd, het ‘n ontleding twee weke na 21 Augustus (datum van die aanval) gedoen waarin hulle bevind het dat die vuurpyl ‘n groter lading Sarin as wat voorheen beraam is, moes gedra het. Die Times het die analise volledig gedra en Postol en Lloyd as twee “leidende wapenkundiges” beskryf.

Die twee se latere studie oor die vuurpyle se vlugpaaie en spesifieke eienskappe, wat die koerant se ander aansprake oor die Siriese regeringsaandeel weerspreek, is ook aan die koerant gestuur maar tot dusver het dié belangrike nuus nêrens verskyn nie.

Hoewel die kanse van ‘n Amerikaanse militêre ingryping reeds gering is, sal die impak van Hersch se bewerings beduidend wees. Dit sal beteken dat die intelligensie gemanipuleer is soortgelyk aan die proses wat gebruik was om die oorlog in Irak te regverdig.

Die finale verslag van die Verenigde Nasies oor die chemiese wapens wat in Sirië gebruik is, het bevind dat dodelike gas waarskynlik in ander aanvalle gebruik is, buiten die voorval in Damaskus. Die inligting kon egter nog nie onafhanklik bevestig word nie.

Die VN-span van chemiese ondersoekers, onder leiding van die Sweedse kenner Ake Sellstrom, het bevind dat hoewel daar tekens was en getuienis is van chemiese aanvalle by vier bykomende plekke, die gebrek aan primêre inligting beteken dat hulle nie ‘n onafhanklike gevolgtrekking kan maak nie.

Volgens die verslag het die VN geloofwaardige inligting wat strook met die bewerings van die gebruik van chemiese stowwe in Khan al-Assal in die noordelike Aleppo provinsie.

Dit is waar rebellemagte, volgens die Siriese regering, op 19 Maart soldate en burgerlikes aangeval het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.