Busongeluk eis twee na klipgooiery

Deel op

putcoTwee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n woedende swart skare ‘n PUTCO-bus by Waterval in Mpumalanga met klippe bestook het.

Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het van die pad afgeloop en ‘n gebou getref, het RSG berig.

Die groep mense sê hulle het glo te lank gewag vir hul bus na Pretoria en het begin om verbygaande voertuie onder die klippe te steek.

Die bestuur van PUTCO sê hulle het gister aangekondig dat daar vandag ‘n tekort aan busse sal wees omdat die meeste busse gebruik word om mense na Nelson Mandela se gedenkdiens in die Mbombela stadion te vervoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.