Africom-opdrag om Afrikamag in te vlieg in konflikgebied

Deel op
Obama kom op Waterkloof aan
Obama kom op Waterkloof aan

Die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Chuck Hagel het gelas dat Amerika troepe vervoer vanaf Burundi na die Sentraal-Afrikaanse Republiek om te help met onderdrukking van die jongste oplewing in geweld daar.

Hagel het sy goedgekeuring gegee net nadat hy met die Franse Minister van Verdediging, Jean-Yves Le Drian Maandagnag uit Afghanistan gepraat het, waar hy ‘n besoek aan troepe gebring het.

Le Drian het die VSA om hulp gevra om ‘n Afrikamag vinnig in die land in te voer om die geweld daar te verhoed en te keer dat dit verder versprei, het ‘n Pentagon-woordvoerder gesê.

Daar is meer as 1000 Franse troepe in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, waar meer as 400 mense in twee dae van geweld tussen Christene en Moslems verlede week omgekom het.

AFRICOM sal magte in samewerking met Frankryk vervoer, omdat die VSA glo onmiddellike optrede is nodig “om ‘n humanitêre katastrofe” te voorkom. Die woordvoerder het gesê dat die Pentagon sal evalueer of ander Amerikaanse hulpbronne beskikbaar sal wees indien addisionele versoeke vir hulp ontvang word.

Hagel se opdrag het uur voor President Barack Obama se boodskap gekom wat hy laat opneem het om vir kalmte in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te pleit.

Obama se boodskap is Maandag op band opgeneem in Dakar, Senegal, waar Air Force One brandstof ingeneem het op pad na Suid-Afrika.

Obama het reeds aangekom vir ‘n gedenkdiens ter ere van die voormalige president Nelson Mandela, wat verlede week dood is.

Hy het ‘n oproep gedoen op “die trotse burgers van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, “om ‘n ander pad te kies” weg van geweld.

Die amptenaar het gesê daar sal geen ander Amerikaanse troepe op die grond wees nie, behalwe lugbemanning wat nodig is vir die vlug na die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.