Vyande moet uitmekaar gehou word

Deel op
Maduro en Castro, vyande van die VSA
Maduro en Castro, vyande van die VSA

Daar was ‘n baie kritieke oomblik tussen lede van die VSA se veiligheidspan en Libiese sekuriteit by Mandela se inhuldiging in 1994. Dit was nog voordat kol Ghadaffi van Libië deur die VSA vermoor is tydens ‘n inval in sy land.

Daar sal vandag weer meer as een geleentheid wees vir vyandige staatshoofde om mekaar raak te loop, sê veiligheidskenners.

Zuma sal nie vir president Obama naby Fidel Castro van Kuba kan bring nie.

Met die Derde Wêreldoorlog wat dreig, sal Nelson Mandela se roudiens en begrafnis baie fyn bestuur moet word om diplomatieke verleentheid wat mag voortspruit uit kans-ontmoetings van strydende staatshoofde te vermy.

Een oplossing is om by ‘n alfabetiese rangorde te hou om te verhoed dat die Zimbabwiese President, Robert Mugabe langs die Britse Eerste Minister David Cameron beland.

Die Kubaanse president, Raul Castro Ruz moet liefs nie neffens Barack Obama geplaas word nie.

Diplomatieke betrekkinge tussen dié onderskeie lande is baie broos. Die Verenigde Koninkryk en die VSA het sanksies teen Mugabe se regering ingestel, en Mugabe hou hoogs opruiende uitsprake teen hulle.

Die situasie word nie aangehelp deur opmerkings deur die voormalige president Thabo Mbeki wat onlangs gesê het dat die voormalige Britse premier Tony Blair Zimbabwe wou binneval nie.

Blair gaan ook opdaag vir Mandela se roudiens. Hy het die Mbeki se stelling intussen heftig ontken.

Die VSA se verhoudings met beide Kuba en Venezuela is baie sensitief na Venezuela se president Nicolas Maduro verskeie Amerikaanse diplomate uitgejaag het weens die aanhitsing van sabotasie.

Venezuela glo ook Amerika was verantwoordelik vir die dood van hul vorige president, Hugo Chavez.

Volgens die alfabetiese gastelys sal die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe net geskei word deur Venezuela.

Koninklikes en senior wêreldleiers van lande wat op die Veiligheidsraad dien sal dus voorkeur geniet om tussen die kwaaivriende geplaas te word.

Ander lande wat dalk ‘n rede tot kommer is, is Pakistan en Indië, en Japan en China.

Spanning tussen Japan en China is so hoog dat daar dreigemente is dat die situasie kan ontwikkel in ‘n volskaalse oorlog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.