Gaan die Mandela-handelsmerk oorleef?

Deel op

madibawineBottels wyn en kombuisvoorskote met die gesig en naam van Nelson Mandela is maar ‘n paar van die kommersiële voordele vir die Suid-Afrikaanse handelsmerk.

Maar die familietwis oor sy “nalatenskap” – lees geld – ná sy afsterwe Donderdag op die ouderdom van 95, is ook nog lank nie verby nie.

Op die spel is die erfporsies van Mandela se meer as 30 kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Die meeste probeer reeds om die Mandelanaam en -beeld te gebruik om alles van klere tot die werklikheids-TV te bemark.

Die ander wedloop is om die beheer van die politieke Mandelanalatenskap tussen die regerende African National Congress en die Nelson Mandela-stigting wat sy breër boodskap wil aanwend.

Vir die ANC en DA is Mandela se reputasie as ‘n anti-apartheid held die moeite werd om stemme vir die komende jaar te werf.

Vir die Stigiting is dit ‘n Anglo-Amerikaanse bemarkingsprojek waar die ondersteuners hoop “nie-rassigheid” kan hulle invloed in die wêreld waarborg.

Verskeie Suid-Afrikaanse handelsmerkkenners meen nogtans die beskerming van die Mandela-handelsmerk gaan bykans onmoontlik wees.

In die oordrewe sug van rolspelers om dit te kommersialiseer of uit te buit, is die risiko duidelik dat die Xhosa se beeld dit nie gaan oorleef nie.

Volgens ‘n beëdigde verklaring deur advokaat George Bizos het die twee dogters , Makaziwe Mandela en Zenani Dlamini, probeer om beheer van die belangrikste Mandela Trust sedert 2005 oor te neem en uiteindelik trustees geword sonder Mandela se goedkeuring.

Mandela was briesend toe hy uitgevind het wat die dogters gedoen het, het Bizos en die ander medewerkers gesê in die verklaring .

‘n Gedeelte van die inkomste van die Stigting se 46664 klereversameling – vernoem na Mandela se gevangenenommer op Robbeneiland – en die kunswerke gaan om te betaal vir familielede se opvoeding, volgens Bizos .

Maar ‘n paar familielede het gevra vir ‘n enkelbedrag betaling van 12 miljoen rand, het hy bygevoeg .

Mandela se kinders, veral die oudste dogter Makaziwe Mandela is duidelik daarop uit om die Stigting vir persoonlike doeleindes aan te wend.

“Dit is ons s’n, waarop ons geregtig is,” het sy aan die Financial Times in April gesê.

Die Nelson Mandela-stigting beskik oor die kopiereg van verskeie handelsmerke vir Mandela.

Daar is ten minste 40 maatskappye amptelik by die Suid-Afrikaanse regering geregistreer wat gebruik maak van die Mandelanaam . Die maatskappye het nie ‘n skakel na óf Nelson Mandela, enige van sy familielede of enige geografiese gebied wat die Mandelanaam gebruik nie.

Die lys sluit in die Gandhi-Mandela Verpleegkunde Akademie, Mandela Truck Shuttle Services, Mama Mandela Marketing Company, Dankie Mandela toiletware en Mandela se Shed, ‘n restaurant.

“Madiba” word gebruik deur meer as 140 geregistreerde maatskappye , insluitend Madiba Truck Stop, Madiba Wines, Madiba se Driving School, Madiba-hoenders , Madiba Kontant en Madiba Drankwinkel .

Duidelik dink die Stigting, op eg-Amerikaanse trant, dat hulle ‘n paar sake gaan maak in die toekoms om die handelsmerk vir eie gewin uit te buit.

Mandela “behoort aan die ANC en aan die hele land,” het ANC-woordvoerder Jackson Mthembu egter vroeër aan die Sunday Times koerant gesê.

Daar gaan dus ‘n geveg oor die inkomste wees wat ‘n paar uit die naam sal wil wurg, een wat die politieke geveg oor sy nalentskap gerieflik mag uitskakel. Die hoop beskaam nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.