Netanyahu sal nie Mandela-begrafnis bywoon nie

Deel op
Netanyahu
Netanyahu

Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu sal nie die gedenkdiens vir Mandela bywoon nie.

Sy kantoor sê dit is te duur om na Suid-Afrika te reis.

Netanyahu het aanvanklik die Suid-Afrikaanse owerhede laat weet dat hy die diens sou bywoon, maar het sy planne gekanselleer weens die hoë kostes.

Sy vervoer- en veiligheidkostes sou na raming sowat twintig miljoen rand beloop het omdat dit op kort kennisgewing sou plaasvind.

Die minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashanbane sê die regering het bevestiging ontvang dat 53 staatshoofde en oudpresidente die staatsbegrafnis Sondag sal bywoon.

Volgens die minister in die presidensie, Collins Chabane, is die hoë lui besig om voorbereidings te tref om na Suid-Afrika te kom.

Dertien staatshoofde uit Afrika het bevestig dat hulle die diens sal bywoon. Senior leiers van die Verenigde Nasies, die Europese Kommissie en die Afrika Unie word ook verwag.

Brasilië se president, Dilma Rousseff, sal ook die begrafnis bywoon.

President Barack Obama van die VSA en sy vrou Michelle, saam met drie voormalige presidente sal binnekort in Suid-Afrika aanland vir die geleentheid.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.