SA maak reg vir besoekers

Deel op
qunu
Qunu

Hotelle in Gauteng sal na verwagting volbespreek wees wanneer buitelandse hooggeplaastes en die media vir Nelson Mandela se begrafnis na Suid-Afrika reis.

Pascal Fouquet , algemene bestuurder van die Sheraton Hotel in Pretoria, oorkant die Uniegebou , het gesê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het gevra dat hulle al die beskikbare kamers reserveer vir besoekende hoogwaardigheidsbekleërs vir die begrafnis.

Teen Sondag het net 73 reisigers van die VSA egter besprekings gemaak vir akkommodasie in Pretoria, waar Mandela se liggaam van Woensdag tot Vrydag in staatsie sal lê.

Gastehuise in Pretoria sê hulle het wel besprekings ontvang vir die begrafnis.

Die Radison Blue Hotel, in Sandton, Johannesburg, is volbespreek vir die week, maar volgens ‘n bestuurder is dit nie noodwendig as gevolg van die begrafnis nie.

Michael Swart, bestuurder van Themba Day Tours and Safaris , wat daaglikse toere na Soweto reël, het gesê daar was geen oplewing in die aantal besprekings vir Sowetotoere nie.

Die toerismebedryf hoop daar sal groot belangstelling wees en dat Mandela se afsterwe ‘n “laaste geskenk” aan die bedryf sal wees.

Die koste van akkommodasie naby Qunu waar Mandela sal begrawe word, het die hoogte ingeskiet sedert die nuus van sy dood.

Die gehuggie was nogtans stil, behalwe by die Mandela-huis waar ‘n wit tent opgerig word asook sitplekke.

‘n Gewone bed- en-ontbyt vra al R3000 per nag.

Tariewe is gewoonlik tussen R700 en R1000 per nag in die Mthatha-gebied.

As gevolg van verskeie regerings- en konsulaatreëlings, sal alle hotelle in Gauteng vanaf 6 Desember tot 25 Desember as ‘n blok bespreek word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.