Treine, busse gratis na massagedenkdienste

Deel op
ENB-stadion
ENB-stadion

Die parlement sal Maandag ‘n gesamentlike sitting hou, die grootste nog, ter ere van Nelson Mandela.

Verteenwoordigers van slle sektore van die samelewing is genooi om dit by te woon en sal om twee-uur begin. Die parlementshekke sal vanaf agt-uur Maandagoggend oopgestel word.

Ten minste 41 treine sal roubeklaers na die amptelike gedenkdiens vir Mandela by die ENB-stadion naby Soweto vervoer. Die gedenkdiens word Dinsdag in die stadion gehou.

Metrorail sê die treine sal tussen 60.000 en 80.000 mense van regoor Gauteng gratis laat reis. Die treindienste sal vyfuur die oggend begin.

Metrorail sal ook treine na Ellispark, die Orlando-stadion en die Dobsonville-stadion beskikbaar stel.

Die busmaatskappye Autopax, ‘n filiaal van die passasierspooragentskap, het 300 busse beskikbaar gestel om hoogwaardigheidsbekleërs na die ENB-stadion te vervoer.

Die regering het ‘n beroep op plaaslike en internasionale joernaliste gedoen om so gou moontlik akkreditasie te kry om toegang tot die verrigtinge te verseker.

Mandela se staatsbegrafnis sal aanstaande Sondag plaasvind.

Die akkreditasie-sentrum by Nasrec suid van Johannesburg het Sondag tegniese probleme ondervind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.