Waarom kyk Flip Buys ware rassisme mis?

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Flip Buys het op Maroelamedia.co.za ‘n politiek korrekte tirade teen dikwels denkbeeldige Afrikanerrassiste geloods. Sy tirade bevat elemente van waarheid, maar is meestal heeltemal verkeerd, en Buys is duidelik fundamenteel verward oor die ware en enorme probleem van die endemiese rassisme wat in Suid-Afrika voorkom.

Laat ek eerstens Buys se tirade teen meestal denkbeeldige sogenaamde blanke rassisme nek omdraai.

Punt 1 van Buys se tirade, waarin hy die wilde bewering maak dat hoofstroomwetenskaplikes dit eens is dat daar geen biologiese rasseverskille is nie, is absurd – daar is wetenskaplik gefundeerde, bewese, biologiese verskille tussen rasse. Forensiese patoloë kan byvoorbeeld met redelike gemak ‘n moordslagoffer se ras uitken aan ‘n skelet. So ook is daar siektes wat baie meer algemeen in sekere rassegroepe voorkom – hoë cholesterol is ‘n Afrikanerkwaal, teenoor sekere tipes bloedarmoede wat meer algemeen onder Afrikane is.

Wat Buys eweneens te politiek korrek is om te erken, is dat daar wel IK-verskille tussen rasse bestaan. Vir die doeleindes hiervan is dit onbelangrik of IK intelligensie meet, en of ‘n hoër IK enige iemand meerderwaardig teenoor iemand van ‘n laer IK maak. (Is intelligensie hoegenaamd numeries meetbaar?) Die punt is dat, wat ook al IK meet, daar verskille tussen groepe bestaan. Rassiste kon nou miskien bly raak, maar helaas vir my as blanke vaar Noordoos-Asiate heelwat beter as blankes in sulke toetse.

Ongelukkig vir ontkenners soos Buys is daar eweneens ‘n baie sterk korrelasie tussen IK en akademiese prestasie, en weer eens is Oos-Asiate ons as blankes vêr vooruit. Hierdie verskil is só erg dat Amerikaanse universtiteite anti-Oosterse kwotas moes instel omdat Oos-Asiate blankes lelik ore aansit in wiskunde en wetenskaplike rigtings aan Amerikaanse universiteite. Is ek nou volgens Buys ‘n geel supremasis, soos wat Jared Taylor dit stel, siende dat ek erken dat Noordoos-Asiate beter in IK-toetse en aan Ivy League-universiteite as my eie groep vaar?

Te oordeel aan die trant van sy tirade, dink ek tog so. Kennelik sou ek volgens Buys ‘n rassis wees, omdat ek my nie steur aan sy tipe politiek korrekte wensdenkery nie, en my standpunt eerder op die wetenskaplik aantoonbare feite grond. Dit is ook opmerklik dat Buys sy aanval geloods het op diegene wat die voor-die-hand-liggende biologiese en wetenskaplike realiteite aangehaal het, en dít slegs as teenvoeter vir diegene soos Seerower Piet Croucamp se (rassistiese) veralgemening dat alle (blanke) rassiste kwansuis dom sou wees. Snaaks, terloops, dat Buys nie ook vir Croucamp op grond van sy anti-blanke, rassistiese veralgemening veroordeel het nie.

Waaroor Buys wel effens reg is, is dat die vashakery by rasseverskille nie veel van ‘n doel dien waar dit by die politiek kom nie. Ja, daar is ‘n biologiese verskil tussen rasse, maar wat daarvan? In Suid-Afrika verteenwoordig een rassegroep 80% van die bevolking, en demografie is gelyk aan politieke lotsbestemming, ongeag of enige rassegroep biologies meerderwaardig sou staan teenoor enige ander groep. Kiesers ondergaan nie IK-toetse om te kan stem nie, en LP’s ook nie om in die parlement te kan dien nie. Al was een groep inderdaad baie meer intelligent as ‘n ander, is getalle steeds die deurslaggewende faktor, en is enige moontlike intelligensieverskille totaal en al irrelevant in ‘n een-mens-een-stembestel. Sou dit nie die geval wees nie, het Chinese die VSA regeer.

Daar is insgelyks miskien ‘n argument daarvoor uit te maak dat jy maar eerder ter wille van takt, en om andere nie te kwets nie, moet stilbly oor rasseverskille, al sê die wetenskaplike feite wát. Dit kan uit die oogpunt van goeie maniere regverdig word – sê mens nou vir jou onooglike dogter dat sy gaan sukkel om ‘n man te kry? Ek kan ook byvoeg dat dit nie veel help om jouself baie superieur en slimmer as die res te beskou nie, maar steeds nie politieke of ekonomiese mag te hê nie. Soos ‘n oud-onderwyser vir ons as skoollaaities gesê het: “If you’re so bloody clever, why aren’t you rich?” Hoe meerderwaardig was Flip Buys se NP-helde by Kodesa, wat sleg deur die ANC ore aangesit is, in ieder geval?

Die heel grootste, gapende wond in Buys se tirade is egter dat hy moedswillig die ware en ernorme rassisme in Suid-Afrika miskyk, en ‘n strooipopargument probeer aanwend om sy eie politieke korrektheid te probeer poets. Veronderstel dat alle blankes wonderbaarlik om 0h01 môre-oggend van hul sogenaamde rassisme genees word, of dat alle sogenaamde blanke rassiste hulself in ‘n gaskamer bevind en hulself by Mandela in die hiernamaals gaan aansluit. Gaan dit iets aan die Afrikaner se politieke lot doen? Gaan ons dán ons volkstaat kry? Gaan ons politieke situasie wonderbaarlik verbeter as daar nie een, enkele beweerde rassis oor is nie?

Selfs nie eens die mees optimistiese inwoner van Orania, die mees stoere NP-aanhanger van ouds of klakkelose politiek korrekte, glo daardie een nie.

Hoekom nie, meneer Buys? Ja, doodreg. U eie organisasie loods hofsaak op hofsaak teen swart-op-wit rassisme soos regstellende aksie, maar die politieke korrektheid van u rubriek ignoreer die enorme olifant in die hoek. Daardie olifant heet endemiese, wydverspreide, swart-op-wit rassisme. Hierdie rassisme is ook dikwels van ‘n gewelddadige aard, soos met plaasmoorde, waarteen u organisasie ook al kapsie gemaak het. U kyk egter moedswillig die skreiende, aggressiewe, swart-op-wit rassisme mis, en fokus eerder op die onbenullige strooipop van ‘n klein aantal sogenaamde blanke rassiste, ‘n groep wat in ieder geval so klein en onbenullig is dat hulle geen verskil kan of sal maak nie, veral nie in politieke terme nie.

Waarom, meneer Buys? Is dit maar blote lafhartigheid wat u laat fokus op die sagte teikens wat Afrikaners in die rassistiese Nuwe Suid-Afrika geword het? Ek sien uit na u volgende rubriek, een waarin u vir ons wys dat u nie ‘n blote meeloper en kruiperkaner is nie, en waarin u ook swart-op-wit rassisme veroordeel en die ding op sy naam noem.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.