Groot meester se werk ontdek

Deel op
ImageKunskenners in Milaan het 'n belangrike ontdekking gemaak toe hulle die aanpaksel op 'n baie ou skildery begin afkrap het. Onder die lae stof het hulle die Latynse woorde Titianus fecit oopgekrap wat die handtekening van die groot Renaissance meester Titiaan is.
Deel op

Dit is 'n skildery van Maria Magdalena wat God smeek om genade terwyl sy haar naaktheid verberg.

Die skildery hang al in Milaan se Ambrosiana Biblioteek sedert 1618.

'n Ander aanduiding van Titiaan se meesterhand in die werk is 'n spesiale albasterkruik wat hy meermale geskilder het.

насосного оборудованияФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.