Kabinet vra dat Nkandla-verslag vrygestel word

Deel op

nkandla-residenceDie Kabinet het beveel dat ‘n interministeriële taakspan se verslag oor die Nkandla omstredenheid vrygestel word aan die publiek.

“Die Kabinet onderskryf die aanbevelings en vra die verslag wat vrygestel word aan die publiek.

“Die Kabinet het beraadslaag oor die aanbieding deur die Minister van Openbare Werke oor die interministeriële taakspan se verslag oor die veiligheidsopgraderings by die president se Nkandla tuiste,” lui ‘n verklaring ná sy tweeweeklikse vergadering Woensdag.

Die besluit is Donderdag aangekondig ná ‘n aanval deur die ANC op die openbare beskermer, Thuli Madonsela oor die tydsberekening van haar verslag oor die bouwerk by President Jacob Zuma se landgoed.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.