Vliegtuigongeluk in Richmond eis 2

Deel op

richmond‘n Ligte vliegtuig se wrakstukke is vroeg Donderdagoggend op ‘n suikerriet-plaas buite Richmond in KwaZulu-Natal opgespoor.

Die vliegtuig het Woensdagmiddag van radarskerms af verdwyn. ER24 se woordvoerder Werner Vermaak het gesê die vliegtuig het vermis geraak kort nadat hy van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het.

Albei die insittendes van die vliegtuig is in die ongeluk dood.

Swaar reën en mis in die gebied het die polisie en reddingswerkers se soekpogings in die wiele gery en die soektog is eers afgelas.

‘n Woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse polisie, kaptein Thulani Zwane sê een van die oorledenes se selfoon was deurentyd aangeskakel.

Die polisie het die sein gebruik om die wrak se posisie te trianguleer wat na die ongelukstoneel gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.