SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite

Deel op

chinauniVyf Suid-Afrikaanse universiteite is in die top 100 van ‘n nuwe internasionale ranglys wat meer as 700 instellings vir hoër onderwys in 22 lande beoordeel.

Times Higher Education (THE) het Woensdag “die wêreld se eerste ranglys van universiteite in Brics en opkomende ekonomieë” bekendgemaak.

Brasilië, Rusland, Indië , China en Suid-Afrika, asook 17 ander lande wat die FTSE Global Equity Index geklassifiseer word as opkomende ekonomieë het meer as 700 universiteite wat beoordeel is.

Die vyf Suid-Afrikaanse instellings in die top 100 is die universiteite van Kaapstad (3), die Witwatersrand (15), Stellenbosch (21), KwaZulu -Natal (45) en Pretoria (78).

Die top twee plekke is universiteite in China. Chinese universiteite het ‘n totaal van 23 plekke in die top 100, en gee die land ‘n “totale oorheersing” onder die Bricsgroep en die ranglys as ‘n geheel, sê Phil Baty, samesteller.

Rusland het net twee universiteite in die top 100, wat gedeeltelik verklaar word deur die feit dat sommige van Rusland se sterkste instellings spesialisinstellings is wat nie ingesluit word nie.

Universiteite in Colombia, Pole, Thailand en die Tsjeggiese Republiek in die top 50.

Chili, Mexiko , Egipte , Marokko, die Verenigde Arabiese Emirate , Maleisië en Hongarye het almal universiteite in die top 100 en universiteite in Indië het nege van die top 50 plekke opgeraap.

Brasilië het vier universiteite in die top 100, met die Universiteit van Sao Paulo op nommer 11.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.