Staat wen eerste ronde teen Krejcir

Deel op

radovanDie staat het die eerste ronde teen die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir gewen toe landdros Reginald Dawa geweier het dat ‘n bekentenis deur Krejcir se mede-beskuldigde aan die mafiabaas se verdedigingspan getoon word tydens sy borgaansoek.

‘n Eiendomsontwikkelaar van Sandton Desai Luphondo se getuienis het glo die name van die staatsgetuies en verdagtes bevat wat nog in hegtenis geneem moet word.

Krejcir, Luphondo, en die polisie adjudant-offisiere Samuel Maropeng en Jeff Macheche, verskyn in die Palm Ridge se landdroshof, aan die Oos- Rand.

Dit was Woensdag die tweede dag van hul aansoek om borgtog .

Die vier is in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering, aanranding en poging tot moord op die broer van ‘n Krejcir-medewerker.

Daar word vermoed dat die ontvoering gereël is nadat ‘n R25 miljoen-dwelmtransaksie skeefgeloop het.

Aanklaer Louis Mashiane het gesê Krejcir behoort borg geweier te word. Die mafiabaas het self erken sy ma het intussen R40 miljoen na Suid-Afrika gestuur, hy besit verskeie paspoorte onder vals name en het dit reeds gebruik om na verskeie lande te vlug.

Die aanklaer het bygevoeg dat daar ‘n internasionale lasbrief vir Krejcir se arrestasie is.

Mashiane het gesê Krejcir kan maklik vlug en “nadat hy weg is, is hy weg en ons saak teen hom ook”.

Die borgtogaansoek deur die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, ern sy medebeskuldigdes is in die landdroshof op Palm Ridge aan die Oos-Rand tot Vrydag uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.