Vyf damme om Ermelo breek weens reën

Deel op

ermelodamVyf damme om Ermelo en omliggende gebiede in Mpumalanga het meegegee na aanhoudende swaar reën.

Meer as 100 millimeter reën het sedert die naweek in die provinsie uitgesak.

Van die boere is in hulle skik met die reën terwyl ander bekommerd is oor die beskadigde damme.

Die R-39 van Morgenzon suid van Ermelo na Standerton en die R-35 tussne Bethal en Middelburg is intussen steeds gesluit weens oorstromings.

Die Departement van Veiligheid, Sekuriteit en Skakeling in die provinsie het motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.