Ons betaal reeds duur vir energie, medisyne, bankwese, en telekommunikasiedienste. Maar ‘n bietjie navorsing toon dat ons veel meer betaal op ‘n verskeidenheid maniere waarop ons sakevriendelike hoofstroommedia nie sal praat nie.
1. Farmaseutiese maatskappye: Die bedryf gaan baie verder as winste, met die werklike privatisering van ons liggame. Een vyfde van die menslike genoom is in privaatbesit deur patente.
Variante van griep en hepatitis is reeds opgeëis deur korporatiewe en universiteitslaboratoriums, wat navorsers verhoed om gepatenteerde lewensvorme te gebruik om kankernavorsing te doen.
Nou moet belastingbetalers dubbel opdok sodat regerings groot aankope doen soos vir anti-retrovirale medisyne.
2 . Oliemaatskappye: Hoe het die groot oliemaatskappye vergoed vir hul besoedeling en die agteruitgang van die omgewing en vergiftiging van waterbronne?
Exxon en Chevron betaal byna geen belasting aan hul regering nie, soos die meeste ander privaat oliemaatskappye wat van belastingontduiking ‘n kuns gemaak het.
3 . Telekommunikasie: Ons betaal vir hulle om te spioeneer op ons en gratis data in te samel, behalwe dat ons heeltemal te duur vir data en kommunikasie betaal. Data beteken geld, inkomste, waartoe ons nie toegang het nie, en ook geen beheer nie.
4 . Banke: Astronomiese bankfooie. Daar is kompetisie op die horison, maar dit gaan maar stadig. Die vier Groot banke in Suid-Afrika is al uitgevang dat hulle saamspan teen kliënte.
5 . Myne: Inkomste Hier Winste Oorsee.
Heckie van Tonder