Vavi: SAKP deel van ‘oligarge wat sal moor’

classwarDie ANC verdeel die werkersklas, volgens Cosatu se geskorsde sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het The Star Woensdag berig.

“Dit is duidelik dat die post-apartheid-staat ‘n kapitalistiese staat is,” het Vavi glo Dinsdag gesê.

“Is dit nie die tyd om … ‘n beweging vir sosialisme, ‘n breë anti-kapitalistiese front te bou nie?”

Vavi het ook na bewering Numsa se bewerings ondersteun dat hulle geteiken word om politieke redes .

“Die korrupte en selfsugtige oligarge sal ons altyd sien as ‘n irritasie en sal nie huiwer om rampokkers te huur om ons te vermoor nie,” het hy gesê.

Oor die naweek, het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ( SAKP ) se sekretaris-generaal Blade Nzimande glo gevra vir leefstyl-oudits oor Numsa se ​​hoofsekretaris Irvin Jim en sy adjunk Karl Cloete .

Numsa het op sy beurt vir leefstyl-oudits op die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, waaronder Nzimande, gevra.

Hulle beskuldig Nzimande en sy adjunk Jeremy Cronin dat hulle die SAKP in ‘n “magtelose” en “hol monopolie-kapitaal front” verander het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.