Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, het die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se lekkasies as “gevaarlik” beskryf.
Nadat die verslag aan die Mail & Guardian gelek is, het veiligheidsministers Vrydag met die OB vergader.
Die voorlopige Nkandla-verslag is deur die OB vir “poltieke doeleindes” uitgelek, het hulle gesê, want dit kon niemand anders gewees het nie.
“Ons waardeer die OB se werksaamhede, maar ons is bekommerd oor optrede wat blykbaar ’n openbare ophef wou veroorsaak.
“Die OB moet na deeglike ondersoek aanbevelings maak, nie uittreksels laat uitlek, die publiek aanhits en dán die finale verslag bekend maak nie.”
Madonsela het ontken dat die verslag deur haar kantoor uitgelek is. Sy het die publikasie van die voorlopige bevindings veroordeel.
Die staat het vroeër die hof genader om te verhinder dat die verslag openbaar gemaak word.
Mantashe het egter gesê die OB-verslag asook die departement van openbare werke se geklassifiseerde Nkandla-verslag moet dringend openbaar gemaak word.
Daar word vermoed dat die geld gekom het uit ‘n padkontrak ter waarde van R1 miljard.
Die naam Nkandla kom van die Zoeloewerkwoord “khandla”, wat beteken om moeg te wees.