Zim-gevangenes sterf van honger

Deel op

obama-printing-moneyMinstens 100 Zimbabwiese gevangenes is van honger en siekte dood hierdie jaar, want die platsak regering kan slegs bekostig om een maaltyd ‘n dag vir gevangenes te gee.

Plase het glo nie genoeg saad en kunsmis van die regering gekry om voldoende voedsel vir gevangenes te produseer nie, volgens die koerant Newsday.

Adjunk-Kommissaris van tronke Aggrey Machingauta het aan ‘n parlementêre komitee gesê dat “Gevangenes sterf van die honger en ‘n paar (MIV) verwante siektes.”

“Die probleem van die honger word vererger deur die feit dat ons nie kan bekostig om die gevangenes drie volle maaltye per dag te gee nie.”

Hy het ook gesê die aantal gevangenes wat vanjaar gesterf het, verdubbel het van verlede jaar. Zimbabwe se 46 tronke vereis 1 miljoen dollar per maand om behoorlik te funksioneer.

Die regering was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Zimbabwe sukkel om sy ekonomie op dreef te kry wat kritici blameer op wanbestuur deur president Robert Mugabe se Zanu- PF party.

Zanu- PF se aanvalle op wit besit van kommersiële plase vir herverdeling aan grondlose swartes het voedselproduksie dermate verswak in ‘n land wat eens die broodmandjie van Suider-Afrika was.

Miljoene is tans afhanklik van buitelandse hulp vir oorlewing .

Zimbabwe se ekonomie sal na verwagting 3,4 % groei vanjaar, ‘n beduidende afname van die byna dubbelsyfer uitbreiding nadat die regering die waardelose Zimbabwiese dollar in 2009 afgeskaf het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.