Ramptoestand in Pretoria afgekondig

Deel op

ptastorms‘n Ramptoestand is in Pretoria afgekondig weens Donderdag se hewige storm waartydens sowat 44.800 huise beskadig is.

Noodleniging is aan ongeveer 1 600 huishoudings in Mamelodi en Soshanguve verleen.

Verligting in die vorm van plastiek dakseile, komberse, matrasse en kospakkies is uitgedeel. Die Falala Gemeenskapsaal in Soshanguve is gebruik as ‘n tydelike skuiling en komberse is aan 700 mense uitgedeel.

Groot dele van Pretoria se noordelike voorstede was ses dae sonder krag nadat die donderstorm vyf kragmaste beskadig het.

Volgens sommige Twitter-gebruikers is die kragtoevoer in sekere dele nog nie herstel nie.

Die Tshwane Metro sê die skade wat aan infrastruktuur en eiendom aangerig is, beloop bykans 100 miljoen rand.

Inwoners het die skade aan infrastruktuur toegeskryf aan die metro se gebrek aan behoorlike instandhouding en dienslewering.

Die woordvoerder van die Tshwane Metro, Selby Bokaba het ontken dat die kragonderbrekings te wyte is aan swak instandhoudingswerk ten opsigte van reeds verouderde infrastruktuur.

Die noordelike voorstede van Johannesburg is tans sonder water. Water sê die toevoer kan nie dadelik herstel word nie, aangesien “tegniese probleme” ondervind word.

‘n Woordvoerder, Millicent Kabwe sê sommige van die woonbuurte wat geraak word, is Hurlingham, Parkmore, Sandown, Hyde Park en Atholhurst.- RSG/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.