VSA, Hezbollah hou geheime gesprekke

Deel op
hezbollah
Hezbollah

Die VSA en Hezbollah hou in die geheim indirekte gesprekke wat deur Londen gefasiliteer word oor beheer van die stryd teen Al-Qaeda, stabiliteit in die streek en ander Libanese politieke kwessies.

Senior Britse diplomatieke bronne, aangehaal in ‘n Koeweitse koerant Al- Rai verlede week, beweer Britse diplomate hou samesprekings met die leiers van die Libanese organisasie en is in besig met die oordrag van die inligting aan die Amerikaners.

Die gesprekke is daarop gemik om die veranderinge in die streek en die wêreld te bespreek, en voor te berei vir die komende terugkeer van Iran na die internasionale gemeenskap, volgens diplomatieke bronne in Washington.

Omdat die VSA , in teenstelling met die Verenigde Koninkryk, beide die politieke en militêre vleuels van Hezbollah as ‘n terroriste-organisasie beskou en weier om te onderskei tussen hulle, kan die Amerikaanse amptenare nie wettig ontmoet met enige lid van die party nie. Maar volgens die bronne, is die VSA bereid om die standpunte van die party aan te hoor wat kan lei tot ‘n direkte verhouding in die toekoms.

Betrekkinge tussen Brittanje en Iran het versleg ná Iraniërs die Britse ambassade in Teheran in November 2011 bestorm het. Maar in Oktober, het Brittanje en Iran besluit om diplomatieke betrekkinge te herstel, en Brittanje het daarna ‘n nuwe chargé d’affaires na Iran gestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.